News
comments 5

Bon Courage triomfeer as top produsent by 2023 Michelangelo-toekennings

Die wynlandgoed wat die Robertson-vallei as een van Suid-Afrika se premium wynboustreke help vestig het, Bon Courage, het nog ‘n eerbewys vir sy hoëgehalte wyne ingepalm.

Bon Courage Lady of the House Michelangelo NV

Bon Courage-landgoed het Robertson se naam hoog gehou deur die gesogte Grand Prix-trofee as top Suid-Afrikaanse produsent by die 2023 Michelangelo internasionale wyn-en-spiritualieë-kompetisie te verower. Hierdie prestige-toekenning is ‘n bewys van die landgoed se verbintenis tot uitnemendheid en die kuns van wynmaak. Bon Courage het ook weggestap met die FlySafair Rosé-trofee vir The Lady of the House Pinotage Rosé 2023.

Benewens die twee gesogte trofeë, het Bon Courage twee van slegs 21 platinummedaljes (96 of hoër punte uit 100) verower, vir hul White Muscadel 2023 en hul Like Father Like Son Chenin Blanc 2023, asook ‘n dubbelgoue medalje (93 of hoër punte uit 100) vir hul Chardonnay Prestige Cuveé 2022 en vier goue medaljes (89 of hoër punte uit 100).

Die 27ste Michelangelo-toekennings het 1 555 inskrywings gelok wat deur ‘n uitgesoekte paneel van regoor die wêreld beoordeel is. Bon Courage se manjifieke vertoning by vanjaar se kompetisie is nie net nog ‘n oorwinning nie, maar ‘n indrukwekkende prestasie wat die Bon Courage-span se toewyding, passie en vernuf in die wingerd én die kelder vier.

n Huldeblyk aan alle vlytige voorslagvroue van Suid-Afrika

Tradisie speel ‘n belangrike rol op Bon Courage se derdegenerasielandgoed, maar modernisering word ook omsigtig ingespan in verbouing, produksie en bottelering. Hierdie kombinasie van tradisionele en moderne metodes gee die landgoed groter vryheid en buigsaamheid om hoëgehalte wyne te maak.

Die bekroonde Lady of the House Pinotage Rosé 2023 is ‘n goeie voorbeeld. Die Pinotage Rosé, geïnspireer deur Ouma Maude, die “lady” van die landgoed wat vir haar pragtuin onthou word, is ‘n huldeblyk aan alle vlytige voorslagvroue van Suid-Afrika.

Teen R88 (kelderprys), beloof die Pinotage Rosé om aan alle verwagtinge te voldoen met geure en smake van blomme en aarbeie, ‘n subtiele roosblaar-ondertoon en ‘n talmende nasmaak van spookasem. Vorige oesjare van The Lady of the House Pinotage Rosé het dubbelgoud in die National Wine Challenge asook in die Rosé Rocks-kompetisie en die Ultra Wine Challenge gewen. Bon Courage-wyne kan landwyd gekoop word.


Vir meer inligting, besoek https://www.boncourage.co.za of kontak Bon Courage by 023 626 4178 of wine@boncourage.co.za.

5 Comments

  1. 70910 324750You got a quite good site, Gladiolus I located it through yahoo. 156778

  2. 918594 661274hello admin, your web site pages pattern is simple and clean and i like it. Your articles are remarkable. Remember to maintain up the good function. Greets.. 447012

  3. 232222 831389This web website is usually a walk-through its the information you wished about this and didnt know who ought to. Glimpse here, and you will undoubtedly discover it. 446780

  4. 751941 8870I discovered your weblog web site on google and check several of your early posts. Proceed to maintain up the excellent operate. I just extra up your RSS feed to my MSN News Reader. In search of ahead to studying extra from you in a while! 390700

  5. 120422 876759excellent work Exceptional weblog here! Also your internet web site a whole lot up fast! What web host are you the usage of? Can I get your associate link on your host? I want my web site loaded up as quick as yours lol 554460

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *