News
Leave a comment

Die Ware Skoonheid van die 2022 Oesjaar skyn deur in die FNB Sauvignon Blanc SA Top 10

Suid-Afrika se top Sauvignon Blancs gaan oor veel meer as wat op die oog af geoordeel word. Volgens die beoordelaarspaneel van die 2023 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie kan wynliefhebbers gerus ouer oesjare en gehoute style op die proef stel. Nie minder nie as sewe van vanjaar se wenners is van die 2022-oesjaar, wat weer die uitstekende verouderingspotensiaal van Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc uitlig.

Sauvignon Blanc SA het die wenners in Oktober aangekondig. Gaste is uitgedaag om ‘n “Sixth Sense of Sauvignon Blanc Mystery in the Winelands”-raaisel op te los en moes al hul sintuie inspan om die wenwyne uit 20 finaliste te identifiseer – met van skulpe tot grond, ballet en ’n boksie vuurhoutjies as leidrade!

DIE TOP 10 (IN ALFABETIESE VOLGORDE) IS: 

• De Grendel Koetshuis 2022 (gehout)
• Diemersdal Sauvignon Blanc Reserve 2023 (ongehout)
• Kleine Zalze Family Reserve Sauvignon Blanc 2022 (gehout)
• Le Grand Domaine Our Origin The Pledge Sauvignon Blanc 2022 (ongehout)
• Nitida Sauvignon Blanc 2023 (ongehout)
• Spier Seaward Sauvignon Blanc 2023 (ongehout)
• Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2022 (gehout)
• Steenberg The Black Swan 2022 (ongehout)
• Tokara Reserve Collection Elgin Sauvignon Blanc 2022 (gehout)
• Zorgvliet Single Vineyard Sauvignon Blanc 2022 (ongehout)

“Vanjaar se Top 10 is veelsydig in styl en oorsprong,” sê RJ Botha, voorsitter van Sauvignon Blanc SA. “Vier van die wenwyne is gehout, wat dit ‘n styl maak om dop te hou met ‘n goeie begrip van hout wat hierdie wyne kompleksiteit en diepte gee. Die 2022-oesjaar het oor die afgelope jaar goed ontwikkel, in ooreenstemming met ons paneel se aanbeveling verlede jaar om hierdie wyne ’n bietjie langer te verouder. Uit die 169 wyne wat deur 106 produsente ingeskryf is, ding Suid-Afrikaanse Sauvignon gemaklik op die wêreldverhoog mee. Baie dankie aan ons vennote FNB en EVER Solutions vir die begrip van ons bedryf en hul bydrae tot ons sukses,” sê Botha.

PROE, KOOP EN LEER MEER OOR DIE TOP 10:

• Laai ‘n Top 10-boekie met proe-notas gratis af by https://sauvignonblanc.com/
• Koop die 2023 FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-versameling aanlyn via  https://www.wineofthemonth.co.za/ asook by Wine Stellenbosch TOPS.
• ’n Tegniese seminaar word op Woensdag 22 November 2023 by Allée Bleue in Franschhoek gehou.
• Vir meer inligting, besoek https://sauvignonblanc.com/ of skakel +27(0)82 808 1114.
• Sluit aan by die gesprek met #FNBSauvignonBlancSATop10 en volg Sauvignon Blanc SA op Facebook, Instagram en LinkedIn as @sauvignonblancsa en op X @SauvignonSA.

Leave a Reply

Your email address will not be published.