97 persent van die aarde se water is soutwater. Nog twee persent is gestoor in ysgletsers. Dit laat slegs een persent van alle water op aarde vir gewone menslike gebruik oor: om te eet, te drink en kos te verbou.

Van hierdie beskikbare vars water, word 70 persent vir besproeiing gebruik. Raminge van die VN se Voedsel- en Landbou-organisasie toon aan dat teen 2050 ons ons globale voedselaanbod met 60 persent sal moet verhoog. Maar ons het slegs die varswaterbronne om die voedsel-aanbod met 10 persent te verhoog. Ons het letterlik nie genoeg water om die voedsel wat ons die komende dekades nodig het, te verbou nie.
Ongelukkig kan mens nie plante met soutwater besproei nie omdat dit te dig is. Die sout dryf die water af, en die plant kan dit nie deur die grond absorbeer nie. In plaas daarvan sal die hoër soutvlakke eintlik water uit die plant uitlek, en dit sal uiteindelik vrek.
Red Sea Farms, gebaseer in Saoedi-Arabië, werk daaraan om plante te skep wat met soutwater besproei kan word. Deur selektiewe kultivering verhoog die span by Red Sea die souttoleransie van gewasse en skep geharde gewasse wat goed in sout toestande kan floreer.
“Ons het toetse gedoen in ‘n gekontroleerde kweekhuis en oop velde in Egipte,” sê Ryan Lefers, uitvoerende hoof en medestigter. “Wanneer die toestande werklik moeilik is – dit is warm, sout, droog – dan sien jy die werklike voordeel van ons wortelstokke. In sommige van ons vroeë toetse in Egipte het ons tot dubbel die opbrengs in daardie werklik moeilike toestande gesien.”
Die maatskappy het gewone gewasse bestudeer en die probleme met hul groei in woestyngebiede sonder groot hoeveelhede waterhulpbronne. Saam met sy medestigter, Mark Tester, het Lefer na tamaties begin kyk. Daar is ‘n paar rasse van wilde tamaties wat heeltemal in seewater groei, maar hulle produseer nie smaaklike vrugte nie.

Tester en Lefer het gewerk om die souttoleransie van daardie wilde tamaties na ons alledaagse tamatieplant oor te dra.
Baie kweekhuistamaties is eintlik geënt, dus het Mark begin fokus op die ontwikkeling van ‘n wortelstok met baie goeie souttoleransie, sowel as hitte-toleransie. Die tamaties wat deur Red Sea gekweek word, is tipies soeter as ander druiwe- of kersietamaties, omdat die plant meer suiker produseer om die hoër soutvlakke te neutraliseer. Red Sea verkoop reeds van sy tamatie variëteite regoor Saoedi-Arabië, en werk trans aan die kweek van rissies, komkommers, botterskorsies en meloen. Lefers sê hulle is nie heeltemal so ver met sommige van daardie plante nie, omdat hulle ‘n ander plant- en wortelsisteem het. Maar met plante wat geënt is, soos pampoene en suikerwatertjies, is die proses grotendeels dieselfde.
Red Sea werk daaraan om sy saailinge op die mark te kry, sodat boere soutwaterbestande plante na hul plaaslike gebiede kan bring. Die voordeel van die kweek van souttolerante plante binne ‘n kweekhuissisteem is dat dit eintlik met algemene waterverbruik kan help. In ‘n hidroponiese sisteem word water hergebruik. Maar, soos daardie water hergebruik word, bou die natriumchloried in die water op. Om plante met ‘n hoër souttoleransie te kweek, stel jou in staat om daardie water langer te gebruik, omdat die plante ‘n weerstand teen daardie opeenhopings het. Dit kan dus kunsmis insette verminder.
Natuurlik is daar bekommernisse oor die gebruik van soutwater in oop velde. As jy uitsluitlik met soutwater besproei in een area, sal die sout opbou en kan die land in die toekoms vyandig teenoor ander plante raak. Wanneer jy met soutwater besproei, moet jy sorgvuldig die grondtipe oorweeg en ook besproeiing en gewasskeuring op ‘n behoorlike manier bestuur om die soute uit die wortelsone weg te spoel.
As ons beskikbare voorsiening van vars water verminder, sal woestynboere moeilike besluite moet neem. Hulle kan minder gewasse kweek of wegbeweeg van voedselgewasse na woestynvriendelike aanplantings. Besproeiing met soutwater kan boere in dorre streke in staat stel om meer gewasse te kweek of om die verskeidenheid plante wat vir hulle beskikbaar is, uit te brei. Lefers sê hy en Tester het hul navorsing begin met die doel om boer in die slegste toestande makliker te maak, maar hy het gevind dat hierdie navorsing toepassings regoor die wêreld het.
Wat op aarde t is ‘n “suikerwaterjie en meloen.”?