Events, News
Leave a comment

Swartlandskou Moorreesburg vier 90 jaar met skou vir die hele gesin

In die hartjie van die Swartland vier die grootste landbouskou in die Wes- en Suid-Kaap vanjaar sy 90ste bestaansjaar met ‘n program vir die hele gesin. Swartlandskou Moorreesburg sal van Woensdag 4 tot Saterdag 7 September 2024 die beste uit dié geweste aan 20 000 besoekers bekendstel. Die skou, met Afgri as ankerborg, is bekend vir top perde, beeste, skape en pluimvee, asook ‘n masjienerie-uitstalling van R230 miljoen.

Op Saterdag 7 September sal die 8-span waperde toeskouers by Swartlandskou Moorreesburg vermaak, ‘n tradisie waarvoor mense van heinde en verre reis.

Die ‘cool’ van landbou: Van 8-span waperde tot ‘n skaapskeer-nuutjie

Die skouprogram bars vanjaar uit sy nate met landbou- én leefstylaktiwiteite. Swartlandskou spog met die grootse vleisbeesskou in die Wes- en Suid-Kaap, met sowat 400 diere wat om gesogte titels meeding.  ‘n Kleinvee-nuutjie is die Swartlandskou Skeerkampioenskappe. Besoekers kan uitsien na die BKB & FNB Slaglamkompetisie, Merino-kampioenskappe, die SA Vleismerino Super 10-kampioenskappe en die OVK-Interrasuitstalling. Meer as 400 wa-perde sal ten toon gestel word met die 8-span waperde as ‘n hoogtepunt. Sowat 230 leerders sal aan die Streek Jeugskou deelneem en die Wes-Kaap Pluimveeklub sal vir ‘n pluimvee-tentoonstalling sorg.

Swartlandskou Moorreesburg spog met die grootse vleisbeesskou in die Wes- en Suid-Kaap,
met sowat 400 diere wat om gesogte titels meeding. KT2082 Kochbo Coleman was die 2023
 Interras-kampioenbul en goue-bekerwenner.
Sowat 230 leerders sal op 4 September aan die Streek Jeugskou by Swartlandskou
Moorreesburg deelneem.
Die masjienerie-uitstalling ter waarde van R230 miljoen is elke jaar ‘n groot trekpleister op die netjiese skougronde van Swartlandskou Moorreesburg. 

Die musikante Jay, Chris Else, Viljoen Retief, Dodo Nyoka, Jan Rhaap en ander sal optree, terwyl die AFGRI-damesdag met Marciel Hopkins as gasspreker en ‘n landbou-oggend met Theo Vorster as gespreksleier interessante ervarings beloof. Die kleingoed kan uitsien na ‘n kulkunstenaar, ‘n dansskool, Lollos en ‘n speelpark met toesig.

Nicolene Mans, Ericka Visser en Rene Bouwer tydens die Swartlandskou Moorreesburg AFGRI-damesdag wat jaarliks deur meer as 500 vroue bygewoon word; vanjaar
op Woensdag 4 September.

Volgens die President Jacques Bester is Swartlandskou ‘n sukses danksy noue samewerking tussen die gemeenskap en besighede. “Kom ervaar plattelandse geselligheid en kom deel in die ‘cool’ van landbou,” nooi Bester.

AFGRI het in 2023 die eerste plek behaal in Swartlandskou Moorreesburg se Masjienerie
bo R15 miljoen-kategorie en sal vanjaar weer by die skou uitstal. 

Toegangskaartjies sal by Ticketpro en by die hekke beskikbaar wees. Toegang wissel van R50 tot R150 per dag, gratis vir kinders onder vyf jaar en R40 vir kinders onder 18 jaar, asook afslag vir pensionarisse. Vir meer inligting, besoek https://www.swartlandskou.co.za/ en volg @SwartlandskouMoorreesburg op Facebook en @Swartlandskou op Instagram.

Leave a Reply

Your email address will not be published.