News
comments 8

OBARO vernuwe aanlyn elektroniese handelsplatform

Goeie nuus vir OBARO se aanlyn-kliënte. Vanaf  1 Augustus 2024 gaan dit soveel makliker wees om die aanlynplatform te gebruik om inkopies te doen. OBARO Online is OBARO se winkel, net op jou rekenaar.

“Hoewel die OBARO aanlynplatform reeds die lewe vir baie van ons kliënte makliker gemaak het die afgelope paar jaar, het ons dit nou nog meer gebruikersvriendelik gemaak met ’n moderne voorkoms. Wat dit wel anders maak, is die B2B-opsie waar besighede op die platform kan registreer en grootmaatbestellings kan plaas en ook in aanmerking kan kom vir vlakprysafslag (“Tier Pricing”) op sekere produkte,” verduidelik Michelle Kuyler, Groep Bemarkingskommunikasiebestuurder by OBARO.

“Met die moderne platform gaan dit vir ons kliënte nog makliker wees om vanuit sy/haar kantoor, stoep of werkswinkel met ons besigheid te doen.”

Volgens Kuyler hoop hulle om nuwe kopers en kliënte te lok met die nuwe opgeknapte platform. “Ons wil landbou toeganklik maak vir enige persoon, boer of nie. OBARO se doel is om landbouproduksie, of dit op grootskaal of kleinskaal in ’n groentetuin by die huis is, makliker te maak, want ons glo dat almal  ’n bietjie boer in hulle het.”

Alle nuwe kliënte wat vir die eerste keer aankope op OBARO Online doen, sal in aanmerking kom vir ’n 10% korting op hul totale mandjie-aankope vir die maand van Augustus. Verder is daar ook geselekteerde produkte met spesiale korting met verskeie ander promosies wat regdeur Augustus sal afskop.

Kliënte kan die produkte wat hulle aanlyn bestel het, by hul naaste tak gaan afhaal of kies dat die produkte via ’n koerierdiens by die adres van hulle keuse afgelaai word.  Net wat die maklikste is.

Daar is twee maniere om die aanlynwinkel te besoek: gaan na OBARO se webtuiste by:   www.obaro.co.za en klik op die SHOP-skakel wat sal  na die Aanlyn-winkel. Die aanlynwinkel se direkte adres is: www.shop.obaro.co.za

8 Comments

  1. 172155 286906Amaze! Thank you! I constantly wished to produce in my internet web site a thing like that. Can I take element of the publish to my weblog? 979295

  2. 701942 274406Id must consult you here. Which is not some thing It is my job to do! I spend time reading an article that might get men and women to think. Also, several thanks for permitting me to comment! 660840

  3. 755504 924632This internet web site is normally a walk-through its the data you wished concerning this and didnt know who ought to. Glimpse here, and you will certainly discover it. 30249

  4. 694247 519158Outstanding post, I conceive men and women should larn a lot from this internet internet site its actually user genial . 346284

  5. 91733 569124good day, your internet website is low-cost. I do numerous thanks for succeed 998189

  6. ktvvip says:

    11586 13147Good read, I just passed this onto a colleague who was doing a little research on that. And he just bought me lunch since I found it for him smile So let me rephrase that: Thank you for lunch! 479648

  7. 630772 397068Hey there guys, newbie here. Ive lurked about here for just a little even though and thought Id take part in! Looks like youve got quite a good place here 447246

  8. Go X VIP says:

    646834 851448I truly treasure your piece of function, Great post. CHECK ME OUT BY CLICKING MY NAME!!! 642293

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *