Die daaglikse optredes deur die bekende Suid-Afrikaanse Lipizzaners sal weer ‘n hoogtepunt van NAMPO Kaap 2024 wees. Die dansende hingste en hul bekwame ruiters het besoekers by NAMPO Kaap 2023 betower. Die manjifieke wit perde van die Suid-Afrikaanse Lipizzaner-sentrum sal weer in manjifieke wit perde in gechoreografeerde roetines dans op meevoerende musiek en antieke oorlogsbewegings vertoon wat op die slagveld gebruik is, ‘n groot voorstelling van rou perdekrag. Besoekers aan NAMPO Cape 2024 kan Woensdag tot Vrydag om 10:00 en 14:00 na die Lipizzaner-optredes kyk en Saterdag om 10:00 in die Western Cape Lubricants Arena.
Berede boogskiet is ‘n vorm van boogskiet waar die die ruiters na teikes skiet terwyl hulle perdry. Die demonstrasies deur die bekwame span van Griffins Horse Archery is altyd ‘n gunsteling by besoekers aan NAMPO Kaap. Daniel Griffin was een van die eerste internasionaal erkende perdeboogskutters uit Suid-Afrika en het bygedra tot die groeiende gewildheid daarvan. Die berede boogskutters sal Woensdag tot Vrydag om 11:00 en 15:00 hul vaardighede demonstreer en Saterdag 09:00 in die die Western Cape Lubricants Arena.
Ander ruiter-lekkernye by NAMPO Cape 2024 sluit in ‘n Perdedissipline-ekspo waar deelnemers hul vaardighede in skou, dressage en skouspring sal wys. Dié items vind Woensdag tot Vrydag om 09:00, 12:00 en 16:00 plaas. Nog ‘n item om na uit te sien is daaglikse optredes deur die Bredasdorp Black Horses. Om 13:00 Woensdag tot Vrydag kan besoekers na die Friesiese Perde en Vlaamse Perde die Western Cape Lubricants Arena.
Op Vrydag 13 September om 14:00 kan leerders ‘n gratis Perdejeugskou-kliniek bywoon. Deelnemers hoef net kaartjies vir NAMPO Kaap te koop om aan hierdie sessie deel te neem waar hulle meer sal leer oor die fyner punte van deelname aan die perde-afdeling van Jeugskou. Vir meer inligting kontak Mariska Marais by 072 535 8158.
NAMPO Kaap bied iets vir almal, en die jongelinge kan uitsien na Ponieritte en ‘n Stkoperd Spring Arena waar hulle hulself kan geniet.
SIEN JOU DAAR!
Toegangskaartjies is vanaf 1 Julie 2024 aanlyn beskikbaar by www.ticketpros.co.za, met afslag op toegangsfooie vir aanlynaankope, teen R80 vir volwassenes en R50 vir skoolgaande kinders. Kaartjies by die hekke sal te koop wees teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders. Voorskoolse-kinders kom gratis in. NAMPO Kaap duur van Woensdag, 11 tot Vrydag, 13 September van 08:00 tot 17:00 en Saterdag, 14 September van 08:00 – 14:00. Besoekers kan die Kaap Agulhas Toerismekantoor kontak vir verblyf by 028 424 2584 / 082 896 2225 of www.overberg-info.co.za
Vir meer inligting oor NAMPO Kaap 2024, besoek www.nampokaap.co.za, kontak Chrystal van Wyk by 028 050 1385 of stuur ‘n e-pos aan admin@expo.org.za