News
comments 26

Twintig veelsydige finaliste sorg vir groot opwinding in FNB Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie

Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc bied ‘n toenemend veelsydige keuse in styl en kompleksiteit aan verbruikers. Hiervan getuig die 20 finaliste wat bo-aan die punteleer staan in vanjaar se FNB Sauvignon Blanc Suid-Afrika Top 10-kompetisie.

‘n Paneel van vooraanstaande kundiges onder leiding van die Kaapse Wynmeester dr. Winifred Bowmanhet die top 20 aanspraakmakers uit altesaam 160 wyne van 91 produsente aangewys.

Vanjaar se finaliste kom uit uiteenlopende wynstreke met veral koeler streke wat meer as een finalis opgelewer het.

Die 2023-oesjaar skitter met nie minder nie as twaalf finaliste, wat die uitstaande gehalte van hierdie oesjaar beklemtoon. Ses finaliste is van die 2024-oesjaar en een elk van 2022 en 2020. Volgens Bowman is dit verblydend dat wynmakers ouer oesjare inskryf wat bewys dat Sauvignon Blanc wel kan verouder.

“Die paneel het agt gehoute wyne tot die uitgelese groep finaliste verkies, wyne wat besonderse kompleksiteit vertoon sonder om die aromatiese karakter van Sauvignon Blanc te verbloem,” sê Bowman.

Die top 20-finaliste (in alfabetiese volgorde) is:

  • Alvi’s Drift Reserve Sauvignon Blanc 2023 (gehout) (Scherpenheuvel)
  • Cederberg Wines Ghost Corner Sauvignon Blanc 2024 (Elim)
  • Cederberg Wines Ghost Corner Wild Ferment 2023 (gehout) (Elim)
  • Diemersdal Winter Ferment Sauvignon Blanc 2024 (Durbanville)
  • Driehoek Ludic Sauvignon Blanc 2024 (Cederberg)
  • Fairview Darling Sauvignon Blanc 2024 (Darling)
  • Flagstone Free Run Sauvignon Blanc 2023 (Coastal Region)
  • Flagstone The Surge Sauvignon Blanc 2023 (Darling)
  • Hermanuspietersfontein Kat met die Houtbeen Sauvignon Blanc 2022 (gehout) (Sunday’s Glen)
  • Iona Elgin Highlands Sauvignon Blanc 2024 (Elgin)
  • Iona Elgin Highlands Wild Ferment Sauvignon Blanc 2023 (gehout) (Elgin)
  • Le Grand Domaine The Pledge Our Darling Sauvignon Blanc 2023 (Darling)
  • Lomond Sugarbush Sauvignon Blanc 2023 (Cape Agulhas)
  • Maastricht The Contour Sauvignon Blanc 2023 (gehout) (Durbanville)
  • Merwida Sauvignon Blanc 2024 (Western Cape)
  • Paardenkloof Springtide Sauvignon Blanc 2020 (Bot River)
  • Stark-Condé Round Mountain Sauvignon Blanc 2023 (gehout) (Jonkershoek Valley)
  • Zevenwacht Z Collection Sauvignon Blanc 2023 (gehout) (Polkadraai Hills)
  • Zoetendal Sauvignon Blanc Limited Release 2023 (gehout) (Elim)
  • Zorgvliet Single Vineyard Sauvignon Blanc 2023 (Banghoek)

Saam met Bowman op die paneel was die wynkenners Johann Fourie, hoofwynmaker by Benguela Cove Lagoon Wynlandgoed; dr. Carien Coetzee, wynkundige by Basic Wine; Morgan Steyn, wynmaker by De Grendel Wines; en Mahalia Kotjane, eienaar-wynmaker van Three Quarter Wines. Twee protégé-beoordelaars, Kelsey Nel, assistent-wynmaker by Hartenberg-wynlandgoed, en Anke van Zyl, ’n intern by Neil Ellis Wines, het ook aangesluit.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *