Die afgelope 30 jaar het die ANC aanhou karring aan ’n beleidsomgewing wat bitter min goeds vir die land en sy mense beteken het. Suid-Afrika sit met reuseprobleme: misdaad wat buite beheer is, werkloosheid wat net aanhou styg, paaie en krane wat nie meer werk nie, swak onderwys en ’n ekonomie wat maar sukkel om aan die gang te kom. Boonop druk die regering aan met rasgebaseerde wetgewing wat die land net verder verdeel en vertroue in die ekonomie knou.

“Teen dié tyd behoort elke burger te besef die ANC se einddoel is om Suid-Afrika in ’n sosialistiese of selfs kommunistiese rigting te druk,” sê Bennie van Zyl, hoofbestuurder van TLU SA. “Elke besluit en wet wat hulle instel, moet teen daardie agtergrond gesien word.”
Sedert die ANC sy volstrekte meerderheid verloor het, het hul beleid net meer radikaal geword – klaarblyklik in ’n poging om verlore steun terug te wen. Die jongste voorbeeld hiervan is die Onteieningswet – ’n gevaarlike, kortsigtige wet wat beleggers afskrik en ons ekonomie
verder versmoor.
“Elke ekonomiese denker wat sy sout werd is, het lankal gewaarsku dat onteiening sonder vergoeding rampspoedig gaan wees vir beleggingsvertroue,” sê Van Zyl. “Wat is dit wat die ANC nie wil verstaan nie?”
“Elke ekonomiese denker wat sy sout werd is, het lankal gewaarsku dat onteiening sonder vergoeding rampspoedig gaan wees vir beleggingsvertroue.”
Hierdie wet hou ernstige gevare in vir alle inwoners van Suid-Afrika. TLU SA het van die begin af sterk daarteen standpunt ingeneem – eers toe die regering die Grondwet wou verander, en nou teen die wet self. Die organisasie sal nie stilbly nie, en sal aanhou wys dat die wet eerder ekonomiese skade aanrig as om vertroue te bou.
TLU SA bedank elke instansie en individu wat saamstaan in hierdie stryd. Die onteieningsklousule is eenvoudig nie grondwetlik nie, en ons glo die Konstitusionele Hof moet dit verwerp.
Verskeie organisasies is al besig om die wet in die hof te toets. Dis belangrik dat diegene wat litigeer hul regstrategieë goed belyn, sodat geen argument die ander se saak ondermyn of verswak nie.
TLU SA se regspan is reg om hof toe te gaan, maar glo samewerking met ander groepe is die sterkste manier om die wet teen te staan. “Ons is reeds in gesprek met ’n organisasie wat al sukses in die Konstitusionele Hof behaal het, en kyk hoe ons kan saamwerk om hierdie wet so doeltreffend as moontlik te beveg,” sê Van Zyl.

366249 472968Woh I like your content , saved to favorites ! . 314107
129047 504989An extremely fascinating read, I might not concur completely, but you do make some very valid points. 211449
533716 488379Hello there. I necessary to inquire some thingis this a wordpress internet site as we are thinking about transferring across to WP. Moreover did you make this theme all by yourself? Cheers. 249785
228401 913746Do you wear boxers or biefs? I wana bui em. 727313
338719 897679Immigration […]the time to read or check out the content material or internet sites we have linked to below the[…] 859103
Can you be more specific about the content of your article? After reading it, I still have some doubts. Hope you can help me.
329206 731858An extremely fascinating go through, I may possibly not concur entirely, nevertheless you do make some actually legitimate factors. 809059