Farm to Fork, News
comments 7

Preserveerkompetisie oortref verwagtinge met 456 inskrywings

’n Nuwe era vir plaaslike preserveerprodukte is Woensdag 23 Julie ingelui met die beoordeling van die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe by Eensgezind buite Durbanville. Met 456 inskrywings van 66 vervaardigers – meer as dubbel soveel as verwag – is dit duidelik dat die tyd ryp is vir nasionale erkenning van gehalte gepreserveerde produkte.

Agri-Expo se jongste inisiatief, die Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, het op 23 Julie afgeskop met die beoordeling by Eensgezind buite Durbanville. Van links: Koskenner en -skrywer Carmen Niehaus, Peter Duncan, hoofsjef by La Petite Colombe, hoofbeoordelaar, koskenner en opleidingspesialis Susina Jooste, Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo en organiseerder van die kampioenskappe, en Arina du Plessis, Landbouweekblad se kosredakteur. Foto: A Gorman Photography

“Hierdie preserveerkampioenskappe is geskep om topgehalte produkte te erken, bewustheid oor preservering te verhoog, bemarkingsgeleenthede vir entrepreneurs te bied en die kuns van voedselbewaring te vier,” sê hoofbeoordelaar Susina Jooste, bekende koskenner en opleidingspesialis. “Dit is ook ’n platform vir kennisdeling, volhoubaarheid, ekonomiese groei, die verhoging van standaarde en die vermindering van voedselvermorsing.”

“Hierdie preserveerkampioenskappe is geskep om topgehalte produkte te erken, bewustheid oor preservering te verhoog, bemarkingsgeleenthede vir entrepreneurs te bied en die kuns van voedselbewaring te vier.”

Die beoordelaarspaneel van 38 kenners het onder meer bestaan uit bekende sjefs, gesoute kosskrywers, klein- en groothandelspesialiste, kundiges uit die gasvryheidsbedryf, sjefstudente, afgevaardigdes van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland en selfs enkele vervaardigers self. Produkte is deur middel van ’n blinde proeproses beoordeel.

Die beoordeling van die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe het op 23 Julie by Eensgezind buite Durbanville plaasgevind. Foto: A Gorman Photography

Die kampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo, fokus op gepreserveerde vrugte- en groenteprodukte in meer as 100 klasse, van konfyt, marmelade, blatjang en piekels tot pesto’s en ander innoverende skeppings. Slegs produkte wat reeds beskikbaar is aan die publiek by winkels, padstalle, aanlyn of markte is aanvaar.

Preserveerkampioenskappe skyn lig op gehalte, innovasie en erfenis

Jooste sê innovasie is een van die beoordelingskriteria en dat dit bemoedigend is om te sien hoe outentiekheid en kreatiwiteit mekaar ontmoet. “Ek is oortuig daarvan dat hierdie kompetisie ‘n impak op gehalte in die mark gaan hê en dat verbruikersvertroue in preserveerprodukte sal toeneem. Ons sien uit na die reaksie van verbruikers op produkte wat met ons toekennings vir uitsonderlike gehalte op die winkelrakke gaan spog.”

Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo en organiseerder van die kampioenskappe, sê die groot belangstelling toon dat daar ’n duidelike behoefte in die bedryf bestaan vir hierdie soort platform.

Die beoordelaarspaneel van 38 kenners tydens die beoordeling van die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe by Eengezind buite Durbanville. Foto: A Gorman Photography

“Ons het hierdie kompetisie geskep vir agri-prosesseerders in die vrugte- en groentebedryf. Die groot aantal inskrywings wys dat daar ’n vraag is na industrie-erkenning vir preserveerprodukte – een wat dit sáám met kaas en wyn op die tafel plaas,” sê Milford.

“Ek is oortuig daarvan dat hierdie kompetisie ‘n impak op gehalte in die mark gaan hê en dat verbruikersvertroue in preserveerprodukte sal toeneem.”

“Ons is dankbaar vir ondersteuning uit die bedryf, met Clemengold en Hollard wat as goue vennote betrokke is,” sê Milford. “Sonder hul ondersteuning sou dié mylpaal nie moontlik gewees het nie.”

By die eerste Suid-Afrikaanse Preserveerkampioenskappe, aangebied deur Agri-Expo, het 38 kenners 456 inskrywings van 66 vervaardigers in meer as 100 klasse beoordeel – van konfyt, marmelade, blatjang en piekels tot pesto’s en ander innoverende skeppings. Foto: A Gorman Photography

Produkte is na afloop van die beoordeling aan welsynsorganisasies geskenk.

Die toekenningsgeleentheid waar die wenners aangekondig sal word, vind op Dinsdag 19 Augustus by Lanzerac op Stellenbosch plaas.


Vir meer inligting, besoek www.sapreservechamps.co.za of stuur ’n e-pos aan charlotte@agriexpo.co.za.

7 Comments

  1. 415631 273034Hey! I simply wish to give an enormous thumbs up for the great details youve got here on this post. I will likely be coming back to your weblog for a lot more soon. 39135

  2. 660808 445728I like this weblog its a master peace ! Glad I detected this on google . 909982

  3. 242427 600713You produced some decent points there. I looked on-line to the issue and discovered most individuals will go along with along with your internet internet site. 527344

  4. สิว says:

    547207 700868I love your wp template, where would you down load it through? 681729

  5. 877171 532227This is great content. Youve loaded this with valuable, informative content that any reader can recognize. I enjoy reading articles that are so really well-written. 810202

  6. Volnewmer says:

    68180 729124I discovered your blog site on google and check some of your early posts. Continue to maintain up the extremely excellent operate. I just additional up your RSS feed to my MSN News Reader. Seeking forward to reading much more from you later on! 737626

  7. 275742 521816There is noticeably a whole lot to know about this. I believe you created some good points in attributes also. 146818

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *