News
comments 7

Moenie Delta T ignoreer wanneer jy spuit nie, dit kos jou geld!

Ons almal weet dat om te spuit wanneer die wind waai sinneloos is, maar hoe gereeld neem jy humiditeit, oftewel Delta T, in ag? As jou antwoord ‘nooit’ is, is jy dalk net besig om geld in die water te gooi.

Jack Pickering: toedieningspesialis by Syngenta Suid-Afrika

Humiditeit is belangrik, sê Jack Pickering, toedieningspesialis by Syngenta Suid-Afrika, omdat dit bepaal hoe vinnig spuitdruppels verdamp. “Selfs as die druppels die teikenplante tref soos hulle moet, maar hulle verdamp te vinnig, is daar nie genoeg tyd vir die teiken om die aktiewe bestanddeel op te neem nie. Al jou moeite, om nie eers van belegging in die produk te praat nie, is dan verniet.”

Delta T word bereken deur die nat boltemperatuur van die droë boltemperatuur af te trek en is ‘n beter aanduiding van hoe vinnig water verdamp as wat relatiewe humiditeit (RH) is. Hoe hoër die Delta T lesing, hoe vinniger verdamp water omdat die temperatuur hoog en humiditeit laag is. “Sodra die Delta T waarde 8°C verbysteek, is spuittoestande nie meer gunstig nie,” sê Pickering.

Delta T lesings is geredelik beskikbaar; jy het, om die waarheid te sê, waarskynlik alreeds die nodige data. Meeste plaasweerstasies kan Delta T lesings gee en as jy onseker is, registreer bloot vir Cropwise Spray Assist. Hierdie gratis diens van Syngenta neem al die omgewingsfaktore wat spuittoestande beïnvloed in ag en identifiseer optimale spuitvensters vyf dae vooruit. “Die inligting is daar – al wat jy hoef te doen is om dit te gebruik,” sê Pickering.

Is Delta T nie net ‘n toedieningspesialis se obsessie met data nie?

Pickering gee toe dat hy onder ‘n wip gevang kan word met syfers, maar sy obsessie het te doen met dié wat produsente help om beter besluite te maak in terme van insetkoste, opbrengs en winsgewendheid.

By ‘n onlangse boeredag het hy met ‘n informele opname bevind dat net twee van die 30 produsente met wie hy gesels het, Delta T in ag neem voordat hulle spuit. Heelwat meer produsente is geneig om watervolume te verminder om hul spuite se doeltreffendheid te verhoog. Minder water, hoër toedieningspoed en fyner druppelgrootte is egter ‘n doodskoot vir effektiewe gewasbeskerming wanneer dit warm en droog is.

“Fyner druppeltjies gee wel beter bedekking, maar net omdat watersensitiewe papiertjies wys dat die gewasplante nat is, beteken dit nie dat daar genoeg aktiewe bestanddeel op die teiken neergesit is nie,” verduidelik Pickering. “Afhangend van die chemie, is dosis op die plant meer belangrik as bedekking. Jy kan tot 40% van die aktiewe bestanddeel verloor sonder om daarvan bewus te wees. Daarom moet jy verdampingswegdrywing – wat gebeur wanneer Detla T te hoog is – voor oë hou selfs as daar geen wind is wat gewone wegdrywing kan veroorsaak nie.”

Die boodskap is dat produsente nie watervolume in isolasie moet verminder nie. Watervolume is een van die instrumente tot jou beskikking en moet gebruik word saam met al die ander faktore wat effektiewe toediening kan beïnvloed, soos spuitstukke, toedieningspoed en klimaatstoestande. Wanneer jy dus teen 100 liter spuit, moet die Delta T waarde in die regte spektrum lê. Indien nie, moet watervolume en druppelgrootte verhoog word om verdampingswegdrywing teen te werk. Sodoende gee jy die produk genoeg tyd om homself in die plant in te werk.

“My aanbeveling vir die beste resultate is 200 liter watervolume wat teen ‘n stadiger trekker-/spuitspoed toegedien word en met ‘n spuitstuk wat ‘n growwer druppel produseer. Wegdrywing sal minder wees, wat beter gewasbeskerming aan die hand werk en chemie wat in die omgewing beland beperk. Dit verminder ook die kans dat weerstand kan ontwikkel.”

Pickering wys verder uit dat volume mediaan diameter (VMD) beteken dat 50% van die druppels wat uit ‘n spuitstuk kom kleiner en 50% groter as die kleurkode sal wees. “Die druppels is beslis nie almal ewe groot nie, en jy sal dus nie al jou bedekking verloor wanneer jy growwer druppels spuit nie. Dis ook nie reg om net aan te neem dat growwer druppels slegter bedekking beteken nie.”

Dis ‘n feit dat spuitstukke duur is, maar ‘n slegte toedienning kos nóg meer. Byvoorbeeld, die geld wat jy verloor as jy 20% van jou produk aan slegte spuittoestande afstaan, sal genoeg wees om amper, of selfs heeltemal, te betaal vir die regte spuitstukke wat die regte druppelgrootte lewer.

Onthou ook dat die kombinasie van regte spuitstuk, growwer druppels en hoër watervolume gewoonlik ‘n wyer toedieningsvenster tot gevolg het. Dit gee jou meer tyd vir ‘n meer sorgvuldige en dus meer effektiewe toediening. “Dis onmoontlik om té veel klem te lê op die positiewe uitkoms wat moontlik is wanneer jy ‘n bietjie meer diesel en ‘n bietjie meer tyd in ‘n toediening belê – jy kry jou geld in ‘n oogwink terug.”

En dit bring ons terug na omgewingstoestande en Delta T. Op die gholfbaan gebruik jy nie jou drywer om ‘n bal uit die ruveld te slaan nie – dis die sandwig se werk. Net so is die aanpassing van druppelgrootte en watervolume die regte instrument om spuitsukses in warm, droë toestande te behaal.


Produsente kan registreer vir Cropwise Spray Assist, die gratis diens van Syngenta, deur die volgende stappe te volg:

  1. Besoek die webwerf:
    Gaan na www.cropwise.com of direk na https://sprayassist.cropwise.com (indien beskikbaar in Suid-Afrika).
  2. Kies die regte produk:
    Soek vir Spray Assist op die Cropwise-platform en klik op “Register” of “Sign up”.
  3. Voltooi jou besonderhede:
    Jy sal gevra word om jou naam, e-posadres, plaasligging en ander relevante inligting in te vul sodat die stelsel spuitvensters akkuraat kan bereken vir jou streek.
  4. Laai die app af (opsioneel):
    In sekere gevalle is Spray Assist ook beskikbaar as ’n mobiele toepassing via Google Play of die App Store.

Indien jy hulp benodig met registrasie, kan jy ook jou plaaslike Syngenta verteenwoordiger kontak of ’n e-pos stuur aan info.southafrica@syngenta.com vir ondersteuning.

7 Comments

  1. 433980 415299Some truly fantastic content material on this web website , appreciate it for contribution. 192562

  2. 720478 156715Disgrace on the seek Google for now not positioning this publish upper! Come on over and consult with my website. 719645

  3. 280592 374804Really superb data can be located on weblog . 823802

  4. 118530 472993Some truly howling work on behalf with the owner of this internet site , dead great subject matter. 333960

  5. 86402 83609Spot on with this write-up, I truly think this internet site needs significantly far more consideration. Ill probably be once again to read considerably much more, thanks for that information. 112000

  6. 507949 131627Fantastic beat ! I would like to apprentice whilst you amend your web internet site, how can i subscribe for a weblog web site? The account helped me a applicable deal. I had been tiny bit acquainted of this your broadcast provided shiny transparent concept. 901335

  7. 284633 239687This kind of lovely blog youve, glad I discovered it!?? 588781

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *