farmers, News

Van Peru tot Paarl: internasionale ervaring, plaaslike vooruitgang

Plaaslike en internasionale rolspelers in die bloubessiebedryf het op 24 September 2025 by Fall Creek® se kwekery in die Paarl saamgekom vir ’n insiggewende forum oor Suider-Afrika se beleggingsgeleenthede en potensiaal vir volhoubare groei. Fall Creek® Connect was die ideale wegspringplek vir die eerste IBO Topberaad in Afrika, wat van 25 tot 27 September in Kaapstad plaasgevind het.

Internasionale insigte

’n Indrukwekkende lys sprekers was aan die woord. Cindy van Rijswick van Rabobank het uitgelig hoe dié streek in die wêreldmark inpas. “Suider-Afrika het die klimaat, hulpbronne en ambisie om ’n belangrike speler oor grense heen te wees,” het Van Rijswick gesê.

Een van Fall Creek® se sterkpunte is hul wêreldwye netwerk, wat hulle in staat stel om uit die ervarings van meer gevestigde streke te leer. Julio Zavala Muñoz, Bestuurshoof van Fall Creek® Peru, het gedeel hoe die land se bedryf van ‘n nederige begin tot ‘n internasionale suksesverhaal gegroei het. 

Mark David, Visepresident en Bestuurshoof van SEKOYA®, het gefokus op die rol van uitstekende kultivars. Hy het verduidelik hoe die SEKOYA® reeks kwaliteit, produktiwiteit en aanpasbaarheid kombineer. 

Tydens ‘n toer van die kwekery kon gaste Fall Creek® se kultivars van nader beskou en selfs proe. Produsente, beleggers en bedryfsleiers het hierdie tyd benut om te netwerk en waardevolle kontakte te verdiep. 

Fall Creek® Connect was meer as net ’n byeenkoms. Dit was ‘n geleentheid om Suider-Afrika se veerkragtigheid en vooruitgang in die bedryf te vier. Almal is daarmee eens dat dit ‘n sukses was. 


Besoek fallcreeknursery.com of kontak Teun Leenders by teunl@fallcreeknursery.com vir meer inligting oor Fall Creek®.