Uncategorized
Leave a comment

Elke hektaar moet ’n doel hê. Die regte gewas. Die regte kultivar. Die regte tyd.

Elke hektaar wat geplant word, moet ’n doel hê. Moet dit vinnig voer lewer, ’n gaping in die voervloei vul, winter- of somerweiding voorsien, of voer vir beweiding, hooi of kuilvoer produseer?

’n Kultivar kan uitstekend presteer, maar as dit nie die regte tipe voer op die regte tyd lewer nie, is dit nie noodwendig die regte keuse vir daardie boerderystelsel nie. Vestiging, seisoenale produksie, hergroei, voerkwaliteit en die beoogde benutting moet daarom saam oorweeg word.

Die antwoord op hierdie vrae bepaal dus watter gewas en kultivar die beste by die boer se produksiestelsel pas. Dit is waar die regte saadkeuse begin.

AgroFors spesialiseer in saad vir aangeplante weidings en voergewasse en bied ’n uitgebreide reeks vir somer- en winterproduksiestelsels. Die reeks sluit lusern, gematigde en subtropiese grasse, wintergrane, voersorghum, basterbabala, peulgewasse, brassicas, bestuiwers, mengsels en dekgewasse in.

Die waarde van so ’n reeks lê egter nie bloot in die aantal kultivars en gewasse wat beskikbaar is nie. Die fokus bly om die regte opsie by die boer se voerbehoefte en produksiestelsel te laat pas. Waar vinnige somervoer benodig word, sal die keuse anders lyk as waar die doel ’n langer weidingsvenster, herhaalde benutting, kuilvoer, hooi of voer vir die wintermaande is.

Daarom word nuwe kultivars deurlopend ondersoek en onder Suid-Afrikaanse toestande geëvalueer. AgroFors werk met plaaslike en internasionale telers, saadmaatskappye en saadprodusente saam om toegang tot verbeterde kultivars en mededingende kommoditeitsaad te bied. Die doel is nie bloot om die reeks uit te brei nie, maar om te bepaal waar sekere gewasse, mengsels en kultivars prakties in Suid-Afrikaanse produksiestelsels kan inpas.

AgroFors is in Oudtshoorn gevestig en vorm deel van die Klein Karoo Saadgroep. Hoewel AgroFors in 2022 tot stand gekom het, bou die onderneming voort op dekades se ervaring in saadproduksie, saadverwerking, kwaliteitsbeheer en die bemarking van voer- en weidingsaad.

Hierdie ervaring ondersteun ’n eenvoudige benadering tot saadkeuse: begin by die boerderystelsel, bepaal waar die voerbehoefte of voergaping lê en kies dan die gewas en kultivar wat die beste by daardie doel pas.
Dit is ook die gesprek wat AgroFors vanjaar na NAMPO Kaap neem.

Kom kuier van 9 tot 12 September by AgroFors in die TotalEnergies-saal, stalletjie 45. Vertel ons wat jy op jou plaas wil bereik, wanneer jy voer benodig en waar die gapings in jou voervloei lê. Dan kan ons saam kyk na die gewasse en kultivars wat die beste by jou produksiestelsel pas.
AgroFors. Beter keuses. Minder risiko.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *