Beleë cheddar van Lactalis wen Suid-Afrika se Suiwelproduk van die Jaar
Lactalis Suid-Afrika se 18-maande beleë Cheddar, wat uitsluitlik vir Woolworths vervaardig word, is tydens die 189ste Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings op Vrydag 25 Maart 2022 by Cavalli Estate buite Stellenbosch as Suiwelproduk van die Jaar gekroon.