Wingerd aan die woestyn se rant
“Ons het lankal agtergekom ons moet dieselfde as wat ons aan produksie spandeer, op ons mense uitgee. Hoe gemakliker hulle woon, hoe veiliger hulle voel, en die mate waartoe hulle deel van die onderneming is, verbeter hulle werksgehalte en produksie.” Die afgelope drie jaar ontwikkel Dawid en sy span kindersorg-fasiliteite, klinieke en opleidingsentrums – met rekenaars en wifi toegerus – waar werkers ná ure hul vaardighede en horisonne kan verbreed. Kosteloos.