Pronk is in die bloedlyn
Daar is min dinge so mooi as ’n manjifieke merrie en haar vulletjie in ’n groen weiveld omring deur ou akkerbome, langs ’n laning Amerikaanse populiere wat jou lei tot by ’n historiese plaashuis. Varsfontein-plaas is, net soos die volbloedperde wat hier woon, in uitstekende kondisie.