All posts tagged: Diereproduksie

Die vonkel van volharding: Elize-Gerda Beukes se liefde vir die land

‘n Vonkel in die oog beteken gewoonlik opgewondenheid en afwagting op iets goeds wat kan gebeur. Dit vertel ook soms die verhaal van ondeundheid en ‘n ligtelike uitkyk op die lewe. Maar as jy die vonkel in die oë van Elize-Gerda Beukes sien, vertel dit ‘n heel ander verhaal. Daardie verhaal is een van deursettingsvermoeë, passie, doelgerigtheid en ‘n liefde vir die boerdery. Veral vir vee en die wingerde wat haar oupa al hier op Skaapeiland geplant het – lank gelede in die 1930’s.

Van kudde tot kroon: Wie is Suid-Afrika se top suiwelboere?

Die 2024 ARC Nasionale Meestersuiwelboer Toekennings het weereens die uitblinkers in Suid-Afrika se suiwelbedryf vereer. Hierdie toekennings, aangebied deur die Landbounavorsingsraad (LNR), beklemtoon prestasie en uitnemendheid in vyf sleutelareas: kuddebestuur, somatiese seltelling, sowel as kleinskaal-, mediumskaal- en grootskaalsuiwel-boerdery. Die wenners word erken vir hul toewyding aan genetiese verbetering en produksie van gehalte deur gevorderde boerderytegnieke en samewerking. Hier is die wenners van 2024:• Grootskaal Meester-suiwelboer van die Jaar: Foundation Farm (Barry en Jane Schiever), Weenen, KwaZulu-Natal• Mediumskaal Meester-suiwelboer van die Jaar: Tweekop Boerdery (Pieter Steenkamp en Dirk van Papendorp), Heidelberg, Wes-Kaap• Kleinskaal Meester-suiwelboer van die Jaar: Gugulomuzi Ngcobo, Donnybrook, KwaZulu-Natal• Kudde met die beste somatiese seltelling: E Zeeman (Etienne Zeeman), Swellendam, Wes-Kaap, met 157 000 selle/ml• Kudde met die beste tussenkalfperiode: Packwood Farm (Heinrich Hurter), Plettenbergbaai, Wes-Kaap, met ‘n tussenkalfperiode van slegs 391 daeGrond tot Mond het met hierdie inspirerende wenners gesels om meer oor hul prestasies en strategieë te leer. BARRY SCHIEVER VAN FOUNDATION FARMVan kudde- tot mensebestuurder is die sukses Om die eienskappe van ’n goeie of suksesvolle melkboer saam te vat, is …