Die Forelfluisteraars
Na 32 jaar op die plaas sê Wolf Avni – ʼn professionele fotograaf van beroep – dat hy nooit weer by die stadslewe sal kan aanpas nie. Hy het Johannesburg in 1987 verlaat om die forelplaas te begin in die Giants Cup Wilderness Reserve, een van die land se beste bestemmings vir wildeforelkunsvlieghengel.