Wanneer jy weet jy’s KAAS
“Aanvanklik het ek nie in boerdery belanggestel nie. Ek het gesien hoe my pa gesukkel het met ʼn té klein plaas en té min koeie en implemente.” So sê Grant Warren, die eienaar van die plaas én die toonaangewende La Petite France-kaasfabriek.