Vesels wat ‘n toekoms vir almal verseker
Die tekstielvervaardiger, Mungo, vier van-jaar sy 23ste verjaardag. Hulle het onlangs Suid-Afrika se eerste Global Organic Textile Standard (GOTS) -sertifisering ontvang. Hierdie sertifisering is wêreldbekend as die tekstielverwerking-standaard vir organiese vesel. Dit voldoen aan die hoogste vlakke vir sosiale en omgewingskriteria.