All posts tagged: padstal

Afsaal, maar nie aftree nie

Weskussers is rateltaai met ‘n sagtheid vir mooi stories en interessante staaltjies. Dis mense wat anders na die lewe kyk, maar wat mooi verstaan wat belangrik is. Hulle kanniedood lewensuitkyk word deur die landskap uitgebeeld – of is dit nou andersom? Hoe dit ook al sy, die rotsbedekte omgewing met sy geharde plantegroei, die area se eiesoortige uitdrukkings en inwoners se harde teerheid is alles dinge wat hierdie plek diep in ‘n mens se hart laat inkruip. En dis hoe ons by Afsaal Padstal uitkom.

Patensie se posh padstal

“Dis presies drie jaar terug wat ons hier ingetrek het,” vertel sy as ek my klankopnemer aansit. “Twee weke voor ons oopmaak toe sê ek vir my man, ‘O Donderdag, hierdie ding gaan nie werk nie. Ons is te ver van die pad af.’” Spoedig is daar ‘n cappuccino voor my, so lekker soos enige in die Kaap. “Maar ja. Toe is dit die beste move, ever.” Dis nog vroeg, maar een vir een begin die motors daar indraai – Padlangs is beslis naby genoeg aan die pad.