All posts tagged: plantgesondheid

Omnia evalueer nou plantgesondheid op die plaas

Die OmniSap®-span van Omnia Nutrilogie® het onlangs ’n draagbare toetsstelsel bekend-gestel vir die onmiddellike meting van plantgesondheid in die veld. “Die toetsstelsel bestaan uit twee dele wat in ’n draagbare houer verpak word,” sê Willem Jonker, Spesialis: OmniSap®. Die twee dele is ’n klein mobiele plantsap-pers en ’n refraktometer om die sukrose in die plantsap te meet. Menso van Zyl, navorsingstegnikus by Omnia, het die sappers ontwikkel en vervaardig.