Wegkruipplek word gewilde kuierplek
Toe sy pa ʼn advertensie sien vir die Savoy-hotel in Kuruman, het hy sy huis in Plettenbergbaai as deposito aangebied en die hotel gekoop. Tussen Kuruman se rooi koppies het die Kaufmanns ʼn alles-in-een wegbreekplek geskep wat akkommodasie, konferensies, wandelpaaie, wildkyk, bergfietsry, ʼn lekker restaurant en ’n gesellige kroeg insluit.