All posts tagged: RedMeatVoice2025

Boere, veeartse, abattoirs en veilinghuise – RMIS wil júlle stem hoor!

Die rooivleisbedryf in Suid-Afrika strek oor ’n wye spektrum van rolspelers – van kommersiële en opkomende boere tot veeartse, voerkrale, abattoirs, veilinghuise en ander belanghebbendes. Elke groep se ervaring en perspektief is uniek, maar almal saam bou aan die toekoms van die bedryf. Daarom het Red Meat Industry Services (RMIS) die grootste peiling nog van stapel gestuur: Red Meat Voice 2025.