News
comments 2

Boere, veeartse, abattoirs en veilinghuise – RMIS wil júlle stem hoor!

Die rooivleisbedryf in Suid-Afrika strek oor ’n wye spektrum van rolspelers – van kommersiële en opkomende boere tot veeartse, voerkrale, abattoirs, veilinghuise en ander belanghebbendes. Elke groep se ervaring en perspektief is uniek, maar almal saam bou aan die toekoms van die bedryf. Daarom het Red Meat Industry Services (RMIS) die grootste peiling nog van stapel gestuur: Red Meat Voice 2025.

Hierdie opname is spesiaal ontwerp om die werklike uitdagings, frustrasies en geleenthede regoor die waardeketting te verstaan. Dit sluit vrae in oor jou vertroue in inligtingsbronne, hoe jy die beste met die bedryf wil kommunikeer, jou deelname aan naspeurbaarheidstelsels, jou kennis oor die statutêre heffing, en hoe jy voel oor die rol en prestasie van RMIS.

Volgens Ilze Olivier, die onafhanklike navorser wat die projek lei, is dit die mees omvattende opname wat nog ooit in die sektor uitgevoer is. “Ons wil nie net hoor wat werk nie, maar ook waar die probleme lê – en hoekom dit saak maak,” verduidelik sy. Hierdie terugvoer gaan direk gebruik word om toekomstige beleid, befondsingsprioriteite en kommunikasiestrategieë te bepaal.

Dewald Olivier, HUB van RMIS, beklemtoon dat dit nie ’n afmerk-oefening is nie: “As ons ’n meer verenigde, ingeligte en veerkragtige rooivleisbedryf wil hê, begin dit by luister. Jou stem maak saak, en hierdie opname gaan bepaal hoe ons almal saam vorentoe beweeg.”

Die opname neem minder as 10 minute om te voltooi en is heeltemal vertroulik. Jou antwoorde word hanteer deur ’n onafhanklike navorsingspan, sodat elke deelnemer met gemoedsrus kan deelneem.


Klik hier vir die vraelys: www.rmis.co.za/red-meat-voice

Die peiling sluit op 30 September 2025.

2 Comments

  1. 545104 545075Perfect just what I was looking for! . 701731

  2. 590374 659193Aw, this was a genuinely good post. In concept I would like to put in writing like this furthermore – taking time and actual effort to make a extremely very good article but what can I say I procrastinate alot and by no indicates seem to get something done. 681924

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *