All posts tagged: Storieboer

Tot lof van Magenta Stofdonkie

Magenta was nie Hansie Slim se skelm nie. Eerder deeltydse lewensmaat – Hansie het die verhouding as sulks beskou, en nié ter selfverontskuldiging nie (vra enigeen van sy vriende en vyande en hulle sal hom van alle aantygings van owerspel onthef). Magenta was ʼn beminde wat die pad saam met hom in ʼn ewewydige lyn met dié van sy vrou geloop het. En Hansie het oor die seldsame vermoë beskik om onvoorwaardelik lief vir en getrou aan beide bemindes te wees.

Pleinvrees

“Dis heerlike Lente. Die lockdown is so te sê verby…” bulder deur Hansie Slim se brein waar hy in sy bakkie aan die begin van die grondpad na die Bokveld toe sit. Die roete deur die Hantam vir sy blomme, die Boesmanland en uiteindelik die Richtersveld. Landsdele wat deel van Hansie se DNS geword het. Streke waardeur hy reeds dekades reis. Alles bekend.