Trofeejag lewer meer positiewe as negatiewe uitkomste
ʼn Nuwe studie* deur ʼn span internasionale navorsers, insluitend navorsers van die Universiteit Stellenbosch (US), het bevind dat gedokumenteerde uitkomste van trofeejag vir bewaring en die welstand van plaaslike gemeenskappe in Afrika suid van die Sahara oor die algemeen positief was, ofskoon die uitkomste aansienlik na gelang van die konteks verskil het.

