Vier jaar van herlewingslandbou help olyfopbrengs verdubbel
Aan die voet van Kasteelberg neffens Riebeek-Kasteel is daar ‘n klein olyfboerdery wat ‘n gróót verskil maak. Die Goedgedacht Trust boer al drie dekades met hoop én impak om die Swartland ‘n beter plek te maak vir landelike gemeenskappe. Vanjaar is dié olyfboerdery geseën met ‘n rekord-oes.