Direct Sales
Leave a comment

Bereik Jan Publiek deur direkte verkope

Woorde: Nikki van Coller

Al hoe meer boere sien die geleentheid om van die plaas nie net direk aan klein- en groothandelaars te verkoop nie, maar ook direk aan die publiek. Besoeke aan plase in bedryf is nou meer gewild as ooit. Die publiek is op soek na ervaringe en produkte wat hulle nie in die stad of sy winkels kan kry nie. Meer as net die tradisionele padstalle en wyn-, olyf- of kaasproegeleenthede maak allerlei soorte plase regoor die land klein winkeltjies oop waar hulle produkte geproe of gekoop kan word. Selfs al is die winkel net ‘n klein voorkamer wat een maal ‘n week oop is vir die publiek, lei dit gou tot idees oor die diversifikasie van produkte, meer besoeke, meer wins en uiteindelik, ‘n groter winkel

• Indie Ale

Bernard en Susan het in 2011 aan maniere begin dink om Susan se familieplaas se werksaamhede te diversifiseer. Wat as ‘n grap begin het oor hoe om die plaas se oorvloed lemoene te benut om alkohol te maak, het gelei tot ‘n vier jaar lange reis wat ‘n distilleerkursus, ‘n MBA-tesis oor die stand van die ‘craft’-distilleerbedryf in SA, ‘n berg rompslomp en ‘n hele lot eksperimentering met tuisbierverbouing insluit. Hulle bied drie ales, elk heerlik in eie reg, en hou musiek- en ander geleentheid in hul klein tapkamer op die plaas. Beslis ‘n besoek werd!


https://www.facebook.com/Indieale/

• Gerber & Co

Die Gerber & Co plaas by Bitterfontein is al geslagte lank as merinoplaas in die Gerber-familie se besit. Die jongste geslag doen wat baie boere doen – hulle diversifiseer om bykomende inkomstestrome te skep. Die gevolg is ‘n reeks klereprodukte van uitsonderlike gehalte, en as dit direk van die plaas gekoop word, is die pryse goed as dit vergelyk word met die heersende standaarde vir wol-klere. Aanlyn aankope, binnelands en buitelands, is moontlik. Daar kan ook direk by die padstal gekoop word – dit is sewe dae ‘n week oop en het ook ‘n verskeidenheid ander plaaslike produkte in voorraad.


www.jsgerber.com | 084 515 6677 | Bitterfontein

• Schoombee Karoo

Schoombee is ‘n slagtery en slagpale wat vanuit die Vriesfontein-plaas in Middelburg in die Karoo sake doen. Hulle spesialiseer in wildsvleis. Hulle koedoesalami (met varkvet) is veral watertandlekker. Dit word volgens die Hollandse metode gemaak, maar nie met heeltemal so baie vet nie. Hulle vervaardig ook  “wilde salami” wat gemaak word van eland, springbok en/of gemsbok. Die salami en ander produkte word verkoop deur verskeie handelaars en kan ook direk van die plaas bestel word.


www.schoombeekaroo.co.za | 072 213 1900 | kwando@mweb.co.za | Middelburg

• Terra Madre

Die Precoudis-familie is oorspronklik van Johannesburg en het hierdie appelplaas in Elgin gekoop en dit gou gevul met hul passie vir kos. Nie net produseer die plaas steeds appels vir die uitvoermark nie, maar het dit ook vreeslik uitgebrei om ‘n verskeidenheid vars vrugte en groente in te sluit. Hulle het ook ‘n lieflike winkel wat oop is vir die publiek. Hulle sappe is uit ‘n ander wêreld en ‘n besoek aan hulle winkel sal sorg dat jy wegry met ‘n vrag vol deliprodukte deur vakmanne geskep, soos speserymengsels, ingelegde rissies, pruimkonfyt en appelwyn.


www.terramadre.co.za | 021 848 9626 | nicole@terramadre.co.za | Elgin, Wes-Kaap

• Wildebraam

In die prentjiemooi Hermitage-vallei, met panoramiese uitsigte op die Langeberg en bessieboorde, lê Wildebraam Berry Estate, ‘n Swellendamse bessieplaas wat in 1996 begin het en sedertdien van krag tot krag gaan. Nuwe produkte en ervaringe is die heeltyd op die spyskaart. Vanaf November tot  Januarie kan die publiek hul eie youngbessies en swartbessies pluk, en elke jaar vroeg in Desember vind die prettige Wildebraam-bessiefees plaas. Hulle winkel verkoop ‘n aantal verstommende produkte, soos rissie- en groentepiekels, pikante souse, blatjang en atjar, asook hul heerlike reeks likeurs; die youngbessie op sy eie is die rit werd.


www.wildebraam.co.za | 028 514 313 | info@wildebraam.co.za | Swellendam, Wes-Kaap

• The Flying Pig

The Flying Pig is in wese die aan- en aflyn padstal vir Mockford Farms in Polokwane. Hierdie familie is passievol oor etiese varkboerdery en eerder as om aan ‘n massa kleinhandelaars te verkoop, verkoop hulle ‘n groot verskeidenheid  heerlike varkprodukte direk aan die publiek. Hulle verpak ook “varkbokse”, wat hulle aflewer. Die geleentheid om direk by die publiek betrokke te raak en aan hulle te verkoop, het ontstaan toe die plaasbestuurder vorendag gekom het met ‘n tipe van kroeg waar die span op ‘n Vrydag ‘n paar drankies ná werk kon drink. Soos sommige van die ander voorbeelde in hierdie artikel, het dit organies daartoe gelei dat die kroeg ook vir die publiek oopgestel is en so het Twin Towers Pub die lig gesien.


www.theflyingpig.co.za | 079 175 8246 | orders@theflyingpig.co.za | Polokwane, Limpopo

• Ayama Farm

Ayama is ‘n wyn- en olyfplaas wat behoort aan die Dalpiaz-familie. Hierdie Italianers het verlief geraak op Suid-Afrika en die plaas in 2005 gekoop. Nie lank nadat hulle nes geskrop het in hul nuwe tuiste nie, het hulle besef dat hulle nie die presiese groentesoorte kon kry om outentieke Italiaanse geure op te tower nie. Hulle het toe begin om spesifieke variëteite van olywe, artisjokke, Jerusalem artisjokke en baie ander groente, vir eie gebruik, aan te plant. Hulle het gou besef hoe vrugbaar die grond is en besluit toe om hulle oes met die publiek te deel. Hul Ayama-markprojek nooi die publiek uit om te kom kuier en om wonderlike organiese groente en ongelooflike olyf-olie, op die plaas per hand, te kom koop. Hulle het ook begin om durumkoring te kweek sodat hulle hul eie handgemaakte egte pasta van saad tot bord kon maak.


www.ayama.co.za | 021 869 8313 | Paarl

• Canton Garden Goat Farm

Die Canton Garden-plaas produseer bokmelk met sorg en toewyding. Dit is ‘n familie-besigheid en die bokke loop vrylik rond, word goed gevoer en met die uiterste respek behandel. Die gegeurde en gewone kase wat hier produseer word, word deur ‘n paar plaaslike handelaars verkoop, maar is ook direk van die plaas te koop, wat groot besparings inhou.  Jy is welkom om die plaas te kom besoek, om daar rond te dwaal en meer uit te vind van die werksaamhede soos hulle gebeur.  Kontak hulle  om ‘n tyd vas te maak en aanwysings te kry.


www.cantongarden.co.za | 042 295 2968 Humansdorp, Oos-Kaap

Filed under: Direct Sales

by

Nikki is an experienced copywriter with a BA in Communication Science and 20 years’ experience. After spending 10 years at some of Cape Town’s top agencies, she decided to go solo – and she’s never looked back. When she’s not writing articles for magazines or corporate companies, she keeps herself busy with public speaking and writing books for children. She enjoys pottering around in her veggie garden that continues to outgrow its borders, likes to take walks or to spend time with her menagerie of pets.

Leave a Reply

Your email address will not be published.