Through the lens
comments 2

Deur die lens van Chrismari van der Westhuizen

Chrismari en Franchwa van der Westhuizen boer net duskant Loeriesfontein. Jaarliks is daar ‘n valk-gesin wat ‘n nes bou by die windpomp op die plaas.

Ongelukkig het die kuikens as gevolg van wanvoeding jaar na jaar nie die seisoen oorleef nie. Hierdie valkie is die enigste oorlewende van die valk-gesin. Franchwa moes inspring om hierdie outjie te help oorleef en om hom sterk genoeg te kry sodat hy eendag sy vlerke kan span vir sy eie reis in die natuur. Die kransvalkie is hoofsaaklik ’n insekvreter en tans is daar nie regtig ‘n oormaat van insekte op die plaas nie. Chrismari en Franchwa voer vir hom wurms, klein stukkies nier, lewer en hoender. Dit is ‘n hartseer storie, maar hulle hoop die uitkoms sal positief wees.


Fotograaf: Chrismari van der Westhuizen | Jobskraal Meatmasters, Loeriesfontein, Noord-Kaap

2 Comments

  1. Can you be more specific about the content of your article? After reading it, I still have some doubts. Hope you can help me.

  2. 846171 623511This really is such an excellent resource that youre offering and you supply out at no cost. I appreciate seeing websites that realize the worth of offering a perfect valuable resource entirely free of charge. I genuinely loved reading your submit. 650431

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *