Fotografie: Michel dei-Cont
By Kersbosvlei nooi Neels en Natasha van Niekerk ons na hulle kombuistafel. Natasha het die vorige week al begin bak aan haar tradisionele kaiingboerbeskuit. Sy maak haar eie gis van aartappels wat in water geweek word. Dan maak sy ‘n suurdeeg met weinig suiker en sout, en deurspek met kaiingstukkies. Hierdie gisproses dateer uit die ou dae en die resep kom van Neels se ouma Betta, by wie Natasha leer bak het. Skaapstertjies word fyn gemaal en gebraai voor dit met die deeg gemeng word. Die beskuit proe baie beslis na skaapvet.

Natasha bederf ons met beskuit, koffie en ‘n blikkie kondensmelk. Dit voel omtrent of ons ons kinderdae herleef. Terwyl ons kondensmelk in ons koffie drup, plaas Neels ‘n stuk antieke kombuisgereedskap op die tafel. Die swaar staal kerwer was oorspronklik ‘n broodsnyer, maar deesdae gebruik hulle dit om biltong te kerf. Die kerwer is vermoedelik al in sy tweede eeu, maar die dik lem hoef nooit skerp gemaak te word nie. Dit sny deur springbokbiltong soos deur botter.
Neels het duidelik ‘n passie vir landelike oudhede. Ná koffie wys hy ons sy perdekar wat uit 1923 dateer en ‘n paar riempiesbankies wat al baie dekades se sit gesien het. Daar is ook ‘n antieke worsmaker wat hy tans restoureer. Nes die ou broodsnyer, loop die masjien se meganisme glad.

Aartappelsuurdeeg
- 1 L Louwarm water
- 2 Medium aartappels
- 2 Eetlepels suiker
- Knippie sout
Sny aartappels in kwarte. Voeg aartappel, suiker, sout en lou water in kastrol met deksel. Strooi 5 hand grotes bruin broodmeel bo-oor en maak ‘n gaatjie in die middel. Sit deksel op, bedek met ‘n plastieksak en kombers. Laat ongeveer 16 ure staan. Die volgende oggend behoort die suurdeeg sterk te ruik en te skuim. Roer goed deur. Strooi bietjie meel liggies bo-oor. Sit deksel op pot en plaas in skottel met louwarm water om warm te hou. Neem ongeveer 1 – 2 uur om vol te rys.
Brood
- Haal aartappels uit suurdeeg
- ± 2,5kg Broodmeel
- 1 Koppie gesmelte skaapvet
- 1 Teelepel sout
- ±2 Koppies kaiings
Meng bogenoemde bestanddele met suurdeeg en knie tot die deeg nie meer aan die hande vassit nie. Plaas die deeg in gesmeerde broodpanne tot half vol. Laat op ‘n warm plek rys, tot panne vol is. Bak vir ongeveer 45 – 60 minute teen 180˚C. Haal uit oond en smeer brode met skaapvet. Laat afkoel, breek in stukke en droog uit.


Natasha van Niekerk | Kersbosvlei, Lutzville, Weskus, Suid-Afrika

375014 442337You are the best, Its posts like this that maintain me coming back and checking this web site regularly, thanks for the information! 936903
277460 9840Hi there! I simply want to give a huge thumbs up for the very good data you can have appropriate here on this post. I will likely be coming once again to your weblog for more soon. 837115
415383 829147youre in point of fact a very good webmaster. The internet site loading velocity is incredible. It seems that you are performing any distinctive trick. In addition, The contents are masterpiece. youve done an excellent activity on this subject! 302585
782875 667855Basically received my first cavity. Rather devastating. I would like a super smile. Looking a whole lot much more choices. Numerous thanks for the write-up 601378