farmers, News
comments 9

Toename in invoere kan die plaaslike landbou-ekonomie benadeel

AgriSA Mediaverklaring


Agri SA doen ‘n beroep op die regering om waaksaam te wees wat handel in landbouprodukte betref.

Globaal, het die afname in vraag na landbouprodukte aanleiding gegee tot voorraadsurplusse en oorvol bergingsfasiliteite. Dit het ‘n toename in uitvoervolumes en lae-waarde markte tot gevolg gehad, wat ‘n potensiële bedreiging vir die Suid-Afrikaanse landbousektor inhou en ook geleenthede skep vir onwettige handel.

“Groot toenames in invoere van gevriesde produkte, soos hoender en aartappels, plaas groter druk op plaaslike boere en het ‘n negatiewe impak op hul inkomste en dié van die mense wat in hul diens is,” waarsku Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van Agri SA. “Storting kan die groei-vooruitsigte vir een van die land se mees lewensvatbare bedrywe in gevaar stel.”

Terselfdertyd, kan die risiko van invoere onder die verkeerde tarieflyne ook aanleiding gee tot onwettige handel. Dit word vererger deur die risiko van storting en moet teen gewaak word. Dit is uiters noodsaaklik dat handelsregulasies by
toegangspunte afgedwing word om onbillike praktyke te verhoed.

“Boere is prysnemers en, met toenemende druk op hul winsmarges, sal storting katastrofies wees vir menige bedrywe,” sê Van Zyl.

Namate die ekonomie heropen, sal die druk as gevolg van die sluiting van Quick Service Restaurants (QSR) en die gasvryheid- en toerisme-bedrywe tot ‘n mate afneem. Die risiko vir die pluimvee- en gevriesde produkbedryf geld egter steeds. Tydens die inperkingvlakke 5, 4 en 3, het vraag na gevriesde hoender onderskeidelik met 18%, 13% en 7% afgeneem.

“Daarom is ons daartoe verbind om by te dra tot die mededingendheid, veerkragtigheid en lang- termyn ontwikkeling van ons produsente en voorraadkettings, wat tans ongelukkig die risiko loop om ondermyn te word deur voortdurende internasionale stortingspraktyke. Dit is noodsaaklik dat alle bedryfsbelanghebbendes saamwerk om verhoogde voedselsekerheid, die bemagtiging van opkomende boere en die volhoubare groei van die Suid-Afrikaanse landbousektor te verseker, sê Van Zyl.”

Agri SA wil graag met die regering, internasionale handelsvennote en alle belanghebbendes in die waardeketting saamwerk om ons plaaslike mark te beskerm. Om hierdie rede, verwelkom die organisasie die instelling van die nodige maatreëls om billike en etiese handelsaktiwiteite te bevorder.


Navrae: Omri van Zyl | Agri SA Uitvoerende Direkteur (S) | 082 417 5724

9 Comments

  1. 662918 404483I take fantastic pleasure in reading articles with quality content material. This post is 1 such writing that I can appreciate. Maintain up the excellent work. 885306

  2. 953142 528598Nice read, I just passed this onto a colleague who was doing some research on that. And he just bought me lunch since I found it for him smile Therefore let me rephrase that: Thanks for lunch! 431035

  3. 297230 212138I take fantastic pleasure in reading articles with quality content material. This post is one such writing that I can appreciate. Keep up the excellent function. 662940

  4. 330962 266445Wow, fantastic weblog layout! How lengthy have you ever been running a weblog for? you make running a weblog glance easy. The total look of your web web site is magnificent, nicely the content material! 523660

  5. Can you be more specific about the content of your article? After reading it, I still have some doubts. Hope you can help me.

  6. 156209 646369 There are some interesting points in time in this write-up but I dont know if I see all of them center to heart. There is some validity but I will take hold opinion until I appear into it further. Excellent post , thanks and we want much more! Added to FeedBurner as properly 207120

  7. 336023 840262Wow, superb weblog structure! How long have you been blogging for? you make blogging glance straightforward. The total look of your internet web site is superb, neatly as the content material! 905210

  8. 593457 886973Whoah this blog is magnificent i genuinely like reading your articles. Maintain up the good paintings! You realize, plenty of persons are looking round for this data, you can aid them greatly. 552766

  9. 2018 533387This really is how to get your foot within the door. 441696

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *