News
Leave a comment

Opskorting van oor-grens jag nie die antwoord nie

Agri SA mediaverklaring  | 29 Julie 2020

Agri SA het met kommer kennis geneem van die opskorting van jagbedrywighede oor provinsiale grense heen en akkommodasie op wildplase vir jagdoeleindes. Jag is ‘n seisoenale aktiwiteit – wat einde Augustus ten einde loop – en is sentraal tot die finansiële oorlewing van menige boere.

“Die wildbedryf bied ‘n lewensbestaan vir duisende mense in landelike gebiede. Dit beteken dat die verliese wat gely word weens die verbod op toerisme, asook die bestaande likiditeitsuitdagings in die waardeketting, sal toeneem,” sê Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA.

Terwyl die bedryf die regering se maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te beperk ondersteun, behoort die oes van wild erken te word as sentraal tot wildbestuur en ‘n belangrike bron van proteïene vir mense.

Jag is inherent ‘n aktiwiteit wat vereis dat daar oor provinsiale grense heen gereis word en gebruik gemaak word van akkommodasie. Hierdie verbod kan dus lei tot die ineenstorting van die bedryf, wat potensieel nie in die kort- tot mediumtermyn sal kan herstel nie.

Agri SA doen ‘n beroep op die departement van omgewingsake bosbou en visserye hul besluit te heroorweeg en om met die bedryf saam te werk ten einde ‘n werkbare oplossing te vind.


Navrae:

Omri van Zyl | Agri SA, Uitvoerende Direkteur (S) 082 417 5724

Jolanda Andrag | Agri SA, Hoof: Bedryfskamer (S) 082 457 9937

Leave a Reply

Your email address will not be published.