Die toename in die getal grondeise wat in die aanloop tot 2021 se plaaslike verkiesings weer aktief verwerk word, is vir die Suider-Afrika Agri-inisiatief (Saai) ’n bron van kommer.

“Dié verhoogde aktiwiteit word weerspieël in ’n toename in plaasbesoeke deur eisers en amptenare verbonde aan die grondeisekommissie, aanbiedinge aan grondeienaars en druk om hul eiendom teen minder as markwaarde te verkoop,” sê dr. Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.Saai is bekommerd oor die gebrek aan deursigtigheid in dié proses, veral omdat grondeienaars sukkel om basiese dokumente – soos eisvorms en die navorsing oor geldigheid van eise – van die DepartementLandbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling te kry. In die meeste gevalle wil dit voorkom of daar nooit navorsing gedoen is nie.Hoewel die Departement en veral die Grondeisekommissie die afgelope tyd herhaaldelik bloedneuse in die howe kry en verdoemende uitsprake oor gebrekkige administrasie en wanbestuur tot groot verleentheid gelei het, beur amptenare voort om grondeienaars buite die wetlike of voorgeskrewe prosesse te intimideer.Die hoofredes vir die kommer sluit in:
- Die Departement se gebrekkige begroting om die grond te koop wat hulle in die proses betrek;
- die stadige pas waarteen die proses gedryf word – sekere eise waarvan die grondeienaars reeds in 2002 aanbiedinge aanvaar het, is steeds nie afgehandel nie;
- verwagtinge wat by grondeisers geskep word dat hulle óf plase, óf finansiële vergoeding gaan kry in die geval van eise waarvan die geldigheid onder verdenking is; en
- ’n gebrek by die Departement en veral die Grondeisekommissie om binne ’n realistiese begroting die vermoë te skep om die eise te verwerk en af te handel.
Saai het by verskeie grondeienaargemeenskappe in KwaZulu-Natal, Gauteng, Limpopo en Noordwes betrokke geraak om hulle van prosedurele en regsadvies te bedien, praktiese hulp by in loco-inspeksies te verleen en die geaffekteerde grondeienaars in die proses te ondersteun. “Terwyl grondeienaars individueel aan onbeholpenheid, korrupsie en wanbestuur in die Departement en die Grondeisekommissie uitgelewer is, is goeie organisering en kollektiewe aksie onontbeerlik om boere se belange te beskerm,” meen De Jager.

468001 889554Hey There. I discovered your blog making use of msn. That can be a extremely smartly written write-up. I will make sure to bookmark it and come back to read far more of your useful data. Thanks for the post. I will definitely return. 325050
802779 19537As far as me being a member here, I wasnt aware that I was a member for any days, actually. When the post was published I received a notification, so that I could participate within the discussion of the post, That would explain me stumbuling upon this post. But were surely all members inside the world of ideas. 645044
595848 613505Very good post, nicely put together. Thanks. I will probably be back soon to have a look at for updates. Cheers 929839
875835 228464Aw, this was a really nice post. In thought I want to put in writing like this moreover ?taking time and actual effort to make a really good post?nonetheless what can I say?I procrastinate alot and surely not appear to get one thing done. 716988
77014 66649There several fascinating points in time in this post but I dont know if I see these center to heart. There might be some validity but Ill take hold opinion until I explore it further. Outstanding article , thanks and then we want a good deal more! Put into FeedBurner too 551031
594491 943603Gnarly post mate, keep the very good function, just shared this with ma friendz 138286
597662 260381Excellent blog here! Also your internet web site loads up fast! What host are you utilizing? Can I get your affiliate link to your host? I wish my site loaded up as speedily as yours lol 945327