News
comments 6

Nóg een van die ergste brande – hulp nóú nodig

Agri SA mediaverklaring

Agri SA het vandag ‘n skenking van R300 000 aan Vrystaat Landbou gemaak om geaffekteerde boere en plaaswerkers weens die verwoestende brande in hierdie tyd van nood by te staan.

Fotografie: Michel Dei Cont

Meer as 100 000 hektaar weiveld is in ʼn verwoestende brand die afgelope vier dae in groot gedeeltes van die Vrystaat en Noord-Kaap vernietig. Honderde stuks vee, wild en selfs huise is geheel en al verwoes. Boshof, Dealesville, Hertzogville en Hoopstad is van die gebiede wat deur die verwoesting geraak is. Dié brand het in ‘n noordwestelike rigting na Boshof in die Noord-Kaap beweeg. Tans is die vure onder beheer, maar lede van Vrystaat Landbou asook die FS Sambreel BBV (Brand Beskermingsvereniging) hou ‘n wakende oog oor die situasie.

Volgens Vrystaat Landbou, is ‘n brand veroorsaak deur betogers wat bande aan die brand gesteek het tydens ‘n diensleweringsprotesaksie. Dit is verder deur sterk winde aangedryf wat grootliks oor die Vrystaat provinsie voorgekom het. Talle vrywilligers en boere het saamgewerk om die vure te blus. Dit het ook tot ernstige beserings onder die helpers gelei.

Vrystaat Landbou en Agri Noord-Kaap is besig om ‘n opname op grondvlak te doen om die omvang van die skade te bepaal. Die dringendste behoefte is om boere by te staan met die herstel van infrastruktuur soos heinings om vee wat tydens die brande gevlug het, te beveilig. Veevoer en die vervoer daarvan is ook van kritieke belang.

Agri SA doen ʼn beroep op die privaatsektor om skenkings direk aan Vrystaat Landbou te maak. Voornemende donateurs kan met Elize Spence by Vrystaat Landbou skakel deur haar by elize@vslandbou.co.za of 051 444 4609 te kontak. Finansiële bydraes kan as volg aan Vrystaat Landbou se rampfonds gemaak word:

  • Vrystaat Landbou
  • ABSA
  • Rekeningnr: 470940670
  • Takkode: 632005
  • Verwysing: RAMP+ selnommer Navrae:
    Willem Symington
    Hoof van Agri SA Rampbestuurseenheid (S) 084 592 7474

Navrae:

Willem Symington
Hoof van Agri SA Rampbestuurseenheid
084 592 7474

Francois Wilken
President: Vrystaat Landbou
083 390 1831

Andrea Campher
Agri SA se Ramprisikobestuurder
079 887 2174

6 Comments

  1. 847956 417878This style is incredible! You certainly know how to keep a reader amused. Between your wit and your videos, I was almost moved to start my own blog (properly, almostHaHa!) Amazing job. I truly loved what you had to say, and far more than that, how you presented it. Too cool! 888476

  2. 706175 252494Sweet internet site , super style and design , rattling clean and utilize genial . 792399

  3. 855772 359560baby strollers with high traction rollers need to be a lot safer to use compared to those with plastic wheels- 409809

  4. 701151 599303Hey there guys, newbie here. Ive lurked about here for just a little while and thought Id take part in! Looks like youve got quite a very good location here 965977

  5. 686463 234708Hello to all I cannot recognize the approach to add your web site in my rss reader. Assist me, please 683289

  6. 2961 800859[…]the time to read or visit the content or websites we have linked to below the[…] 835473

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *