Navorsers by die Universiteit van Stellenbosch (US) het bevind dat Suid-Afrika oor voldoende houtbronne beskik om houtwonings op volhoubare wyse op te rig.
Dr Philip Crafford van US se Departement Bos- en Houtkunde voer aan, indien houthulpbronne, wat tans as spaanders uitgevoer word, gebruik word, en as bome aangeplant word in gebiede wat geoormerk is vir bosaanplanting, sal dit op die langtermyn moontlik wees om alle wonings van hout te kan bou. Hy en sy kollega, dr Brand Wessels, het ondersoek na die land se houthulpbronne en die potensiële impak op aardverwarming van ʼn toenemend houtgebaseerde boubedryf ingestel.

Die bevindings van hul studie is onlangs gepubliseer in die South African Journal of Science.
Crafford voer aan dat hulle wou vasstel of die plaaslike bosboubronne sal kan voorsien in die aanvraag na hout indien die oprigting van houtgebaseerde wonings aansienlik sou toeneem. Hulle het toe die woonhuisvoetspoor in die land, die beskikbare houthulpbronne vir houtgebaseerde geboue en die moontlike omgewingsimpak van sodanige boustelsel nagevors.
“Weens die beperkte bosbedekking in Suid-Afrika is die persepsie dikwels dat ʼn wesentlike toename in die markaandeel van houtgebaseerde geboue nie moontlik is nie (ten minste nie uit plaaslike houthulpbronne nie). Ons studie het getoon dat hierdie opvatting nie korrek is nie.”
“Indien ons slegs die huidige beskikbare houtspaanders as ʼn hulpbron sou neem, kan 39 646 houtgebaseerde wonings (30 523 huise en 9 123 woonstelle) jaarliks opgerig word. Met bosaanplantingsbronne kan 55 314 wonings (42 586 huise en 12 728 woonstelle) jaarliks opgerig word. Dit is 1 203 meer as die gemiddelde nuwe geboue oor die afgelope 17 jaar.
“As die potensiaal van sowel die houtspaander- en bosaanplantingsbronne in berekening gebring word, kan bykans 95 000 houtgebaseerde wonings (172% van die huidige aanbod) jaarliks gebou word.”
Crafford sê, met die uitsluiting van invoere en huidige pulp-, plank- en ander houtbronne, sal daar in die toekoms nagenoeg 6,23 miljoen kubieke meter houthulpbronne vir houthuiskomponente beskikbaar wees. Ten spyte van hierdie potensiaal is slegs 1% van nuwe huise in die land houtgebaseerd in vergelyking met 90% in lande soos die VSA, Kanada en Australië.
Crafford sê dat Suid-Afrika se produksie van rondehout (saaghout vir algemene gebruik) hoofsaaklik gerig is op die vervaardiging van pulp- en plankprodukte (51%), gesaagde timmerhout (24%) en houtspaanderuitvoere na Asië.
“Ons het die afgelope 10 jaar jaarliks ʼn gemiddeld van 3,5 miljoen ton houtspaanders uitgevoer. Spaanderuitvoere is die waarskynlikste beskikbare bron wat potensieel ge-bruik kan word om houtgebaseerde wonings op te rig.”
Wat die omgewingsimpak van ʼn houtgebaseerde huismark betref, voer Crafford aan dat talle studies getoon het dat hout nie net herwinbaar is nie, maar ook minder kweekhuisemissie tot gevolg het as alternatiewe boumateriaal soos staal en beton. Dit is belangrik as mens in ag neem dat Suid-Afrika se energieverbruik in die oprigting en gebruik van geboue verantwoordelik is vir ongeveer 27% van die land se totale mensgemaakte koolstofemissie. Houtgebaseerde boumateriaal kan help om die omgewingsvoetspoor van ons boubedryf te verminder.
Crafford sê omdat Suid-Afrika nie ʼn ontwerp- en boukultuur met hout het nie, is verdere navorsing nodig wat ander faktore soos die verskaffing van BBP, werkskepping en sosiale en ekonomiese omstandighede insluit.
• BRON: Crafford, PL & Wessels, CB 2020. South African log resource availability and potential environmental impact of timber construction. South African Journal of Science, Vol. 116(7/8). https://doi.org/10.17159/sajs.2020/6419
• Hierdie artikel is gebaseer op ʼn artikel deur dr Alec Basson, senior wetenskapskrywer aan die Universiteit van Stellenbosch


67603 34225need to do very first? Most entrepreneurs are so overwhelmed with their online business plans that 123630
866444 894359Following study several with the weblog articles for your internet website now, and i also genuinely such as your strategy for blogging. I bookmarked it to my bookmark internet web site list and are checking back soon. Pls take a look at my web page in addition and tell me what you believe. 141910
493003 280453I got what you mean , saved to my bookmarks , extremely good internet site . 437841
862049 872200oh nicely, Alicia silverstone is matured nowadays but when she was still younger, she could be the sex symbol of hollywood` 509872
710794 456987Attractive part of content material. I just stumbled upon your site and in accession capital to claim that I acquire in fact enjoyed account your weblog posts. Any way Ill be subscribing to your feeds and even I achievement you get entry to constantly rapidly. 762266
665017 358686I gotta favorite this internet website it seems extremely beneficial . 916519
700519 468573To your organization online business owner, releasing an essential company will be the bread so butter inside of their opportunity, and choosing a wonderful child care company often indicates the specific between a victorious operation this is. how to start a daycare 794802
mseqhaeiu rfjhg rsxkyun bqzh uihpeekqdjwfsuy