Woorde: Jacques van Zyl Fotografie: Mia Truter
Wanneer ons by Brandkop opstal opdaag is daar reeds kole aan die gang en een soutrib is byna gaar. My mond water, maar dis eers tyd vir nog foto’s. Ek vra solank uit. “Is die soutrib baie sout?” Elizna lag. “Jy moet maar vanaand vir jou ‘n glas water saamvat bed toe, jy gaan dors word.”
“Staanrib” noem hulle dit. “Dis as jy nou heelaand tyd het”
Pieter Louw
Mens kan hom of gewoonweg plat gaarmaak op ‘n rooster, of in die rooster toeknyp en dié naby die vuur staanmaak. “Staanrib” noem hulle dit. “Dis as jy nou heelaand tyd het,” sê Pieter terwyl hy vir ons wys hoe mens die rib ontbeen. Dit lyk heeltemal te maklik.

Soutrib
(Die resep kom van tannie Hessie Nel, vroeër van die plaas Kareeboomkolk. Sy is ‘n paar jaar gelede oorlede.)
1 kg skaaprib
25 ml growwe sout
5 ml swartpeper
10 ml gemaalde koljander
3 ml fyn neut
20 ml bruinsuiker
3 ml salpeter
asyn
Ontbeen die rib; sny dit bo-op in diamant-vorms. Sprinkel asyn bo-oor. Vryf in met speserymengsel. Laat 24 uur lê. Draai na 12 ure om. Braai die rib stadig oor matige kole tot gaar.
Wanneer ons uiteindelik proe, is die smaak taamlik onverwags – meer soos charcuterie as soos braaivleis; en ook meer vetterig as sout. Dit val vir my iewers tussen pastrami en koljanderbiltong, maar dis duidelik gebraaide skaap en sonder ‘n enkele beentjie. Reeds half olik gaan haal ek steeds vir my ‘n tweede groot stuk.
Elizna bring vir ons ‘n stapel roosterkoeke wat Sina buite op die vuur gemaak het. Hulle is swaar en styf uitgeswel soos my pa hulle altyd gemaak het; nie soos die plat, grootborrel-gevaartes wat ek tot dusver met vetkoekdeeg kon regkry nie. Die stoom slaan nog uit hulle op as ons hulle oopsny. Ek laat my nie twee maal nooi nie – die bol botter het nog nie eers behoorlik in die digte krummels weggesmelt as ek van Elizna se diep-oranje appelkooskonfyt begin opsmeer nie. Dalk is ek honger, maar dis van die lekkerste konfyt wat ek nog geëet het.
“Hoe maak jy jou appelkooskonfyt? Jy maak dit tog self?” vra ek half uit die veld geslaan. So vinnig, skramsweg vertel Elizna haar geheim. “Maar jy sê nie vir ‘n siel nie!”

Roosterkoeke
6 koppies witbroodmeel
1 pakkie kitsgis
2 teelepels suiker
1 teelepel sout
2 eetlepels gesmelte botter
louwarm water
Meng meel, gis, suiker en sout. Maak aan met louwarm water tot ‘n stywe deeg. Knie die botter daarby in, en knie goed deur – sowat 10 minute. Laat deeg rys op ‘n warm plek tot dubbeld in volume. Knie af; rol die deeg omtrent 1,5 cm dik uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en druk vierkant-vorms uit, of rol in stroke met jou hande en sny met ‘n tafelmes. Pak op ‘n bakplaat of broodplank wat met meel bestrooi is, laat weer rys en braai stadig tot alkant bruin en gaar binne.
Besigheid: Brandkop | Eienaars: Elizna en Pieter Louw | Area: Nieuwoudtville, Suid-Afrika | Kontak: www.brandkop.yolasite.com

808849 52799An intriguing discussion is worth comment. Im positive that you simply write regarding this subject, could possibly not be considered a taboo subject but typically persons are too little to communicate on such topics. To yet another. Cheers 416215
905510 195567We offer the very best practical and most applicable solutions. All our Sydney plumbers are experienced and qualified and are able to swiftly assess your issue and locate the best solution. 425365
Can you be more specific about the content of your article? After reading it, I still have some doubts. Hope you can help me.
Can you be more specific about the content of your article? After reading it, I still have some doubts. Hope you can help me.
2986 298684hi!,I really like your writing very so much! 145077
326777 588463The luxury proposed might be incomparable; citizens are never fail to searching for bags is actually a Native goals. The idea numerous insert goals uniquely to push diversity with visibility during the travel and leisure arena. Hotels Discounts 332966
315644 375957Which is some inspirational stuff. Never knew that opinions may be this varied. Thank you for all the enthusiasm to offer such helpful details here. 444092
Your article helped me a lot, is there any more related content? Thanks!