Byna 900 suiwelprodukte ding mee in die 2021 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, die grootste en oudste suiwelkompetisie in Afrika, wat van Donderdag 25 tot Vrydag 26 Februarie 2021 plaasvind. Die kampioenskappe se beoordeling het vanjaar ná 17 jaar weer teruggekeer na Elsenburg buite Stellenbosch, waar dit voorheen vir tien jaar, van 1995 tot 2004, aangebied is.

“Dit is ‘n besonderse prestasie deur die suiwelbedryf om in hierdie moeilike jaar wat agter die rug is so ‘n enorme getal produkte in te skryf,” sê Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo. Agri-Expo is die organiseerder van die kampioenskappe sedert 1834. “Dit is ook opwindende nuus dat daar uit die 68 deelnemende vervaardigers boonop agt nuwe deelnemers tot die kampioenskappe toegetree het.”
“Dit is ‘n besonderse prestasie deur die suiwelbedryf om in hierdie moeilike jaar wat agter die rug is so ‘n enorme getal produkte in te skryf.”
Johan Ehlers, Hoof Uitvoerende Beampte van Agri-Expo. Agri-Expo
Die beoordelingproses moes vanjaar in twee dae verdeel word met slegs 30 beoordelaars per dag. Volgens die Hoofbeoordelaar Alan Fourie is die kampioenskappe een van die enigste kompetisies ter wêreld wat vyf beoordelaars per kategorie gebruik. “Die SA Suiwelkampioenskappe skep ‘n besondere platform om uitnemendheid in die suiwelbedryf te bevorder. Net die beste van die beste van elke vervaardiger word ingeskryf en daarom het die beoordeling die nasionale maatstaf geword waarvolgens groot én klein vervaardigers – van internasionale maatskappye tot kleinkaasmakers – hulself jaarliks teen mekaar meet,” sê Fourie.

SA Suiweltoekennings virtueel aangekondig
Die wenner in elk van die meer as 100 SA Suiwelkampioenskap-klasse word as SA Kampioen bekroon, terwyl produkte van besonderse hoë kwaliteit ook die Qualité-merk van gehalte ontvang, wat as die enigste merk van gehalte vir suiwelprodukte in Suid-Afrika erken word. ‘n Paneel van vyf kundiges wys die Produk van die Jaar aan. Hierdie wenners word op Vrydag 26 Maart 2021 tydens die Suid-Afrikaanse Suiweltoekennings aangekondig. Belangstellendes kan van 19:00 tot 20:00 inskakel by www.cheesesa.co.za/sa-dairy-awards vir ‘n virtuele aanbieding vanaf Cavalli Estate.
Die 2021 SA Suiwelkampioenskappe word moontlik gemaak deur die vennote Agri-Expo, Synercore, AECI Food & Beverage, die Wes-Kaapse Departement van Landbou, Condio, die Melkprodusente-organisasie (MPO), The Dairy Mail, Woolworths, Hollard, Mane, Orchem, Polyoak Packaging, IMCD en Tetra Pak.
Vir meer inligting, besoek www.cheesesa.co.za en www.agriexpo.co.za, of kontak Agri-Expo by 021 975 4440 of cheese@agriexpo.co.za.
Sosiale media
Gesels saam op sosiale media met #SADairyChamps #SADairyAwards #SAChampion #QualitéAward #ProductoftheYear @AgriExpo1

880708 780905Soon after study some of the weblog posts in your web site now, and i genuinely such as your technique for blogging. I bookmarked it to my bookmark website list and are checking back soon. Pls appear into my web internet site likewise and make me aware what you consider. 811184
606418 371344I like this blog so considerably, saved to bookmarks . 803000
774097 72916Any way Ill be subscribing to your feed and I hope you post once again soon. I dont believe I could have put it much better myself. 165706
575865 121347Thanks for the auspicious writeup. It really used to be a leisure account it. Glance complicated to far more delivered agreeable from you! Even so, how can we be in contact? 762431