IRMA JOUBERT
Uitgewer: Lapa
In 1939 begin oorlog in Europa. Miljoene kinders word uit Londen ontruim na veiliger gebiede. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ‘n tante van sy pa in ‘n dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ‘n nuwe lewe. In Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Daar is majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag Stalingrad en krygsgevangenekampe. Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Beide bevind hulself egter op pad na ‘n plaas in Afrika waar hul paaie sal kruis met dié van Seretse Khama en Mentje de Vries.
Die derde boek in die trilogie ná Immer wes en Mentje, kind van Pas-opkamp.
KOOP AANLYN: https://www.amazon.com/Na-n-plaas-Afrika-Afrikaans-ebook/dp/B092J6JWWC
LEES MEER: https://www.litnet.co.za/na-n-plaas-in-afrika-deur-irma-joubert-n-resensie/