farmers
comments 12

Nou op die rakke by Woolies, Checkers, Shoprite, OK, en Spar!

Die voorbladspan van die Someruitgawe is Dionne en Deon Schoombee van Middelburg / Steynburg. Hulle is Karoomense in murg en been. Net soos hul voorsate, laat hulle hulself nie maklik onderkry nie en is hulle nie bang om iets nuuts te probeer nie. Ondernemingsgees is ʼn familietrek.

Hieronder is ‘n voorsmakie van die uitgawe se artikels:

[WAARDEKETTING]
Die willes van Williston
Eendag was daar ʼn lang man en ʼn fyn vroutjie wat met 15 koeie na die droë Karoo getrek het. Kort voor lank bewys hulle dat vasberade aanpasbaarheid selfs in ʼn dor land sukses kan behaal.

[PROFIEL]
Honde met die lyf van ʼn leeu en hart van ʼn kind
Dis ʼn honderas wat blykbaar saam met Jan van Riebeeck hier geland het. Vandag teel Koos van der Westhuizen hierdie ‘bullenbijters’ om seker te maak hulle kenmerkende bou en rassuiwerheid bly behoue.

[LANDBOU-ERFENIS]
Vergenoegd – bewaarders van ons landbou-erfenis
Aanvanklik was dit die plaas se ryke erfenis en voortreflike rooiwyn wat ’n nyweraar en erfenisliefhebber van Duitsland se oog gevang het. Onder sy wakende oog word dit tans tot die glorie van ouds gerestoureer.

[NISBOERE]
Kommetdieding, perde met paspoorte
Weggesteek in die Hemel-en-Aardevallei, bykans ongesiens, lê die plaas Oldlands Stud waar wêreldklasrenperde al die afgelope paar dekades geteel word.

[BOEKRAK]
Marinda se koskas
Marinda Engelbrecht gesels oor haar kookboek sonder fieterjasies en haar nuwe kinderkookboek. Sy wys ons hoe om kos te maak sonder om bevrees te wees en die vreugde van saam eet en saam kuier te geniet.

[FOKUS]
Hulle kraak harde neute
Die land se voorste neutprodusente vertel watter geleenthede en uitdagings wat daar in die bedryf ondervind word. Een ding is seker: amandels, pekanneute, pistachio’s en makadamianeute is pitte vir die toekoms.

[NISBOERE]
Meer as net ‘n kwartelplaas
Hoekkraaltjie is nie net die grootste produsent van kwartelvleis in Suid-Afrika nie, maar lei die volgende generasie sjefs op deur ‘n unieke Farm2Fork Exchange inisiatief

[PLAASLIK]
Ons neem plaaslike heuning onder die loep; van die bekende handelsmerke tot produkte wat in klein hoeveelhede produseer word.

[DROOGTE]
Waar die katte kén van saffraan
Op Sandtuin naby Williston word nie net met staalsterk skaap geboer nie, dis ook waar Hannes Esterhuyse, of Rooikat, sy sweisvernuf uitgebrei het en waar hy nou ʼn bykomende oorlewingsbron vir sy gesin geskep het.

[FOKUS]
Pik-pik produsente
Ons besoek drie pluimveeboere in verskillende provinsies om uit te vind hoe hulle met marktendense tred hou en hoe fyn beplanning en streng higiëniese standaarde in hierdie mededingende bedryf toegepas word.

[LANDBOUTOERISME]
Velddrif se Vissers boer vooruit
Op ʼn skaapplaas vernoem na volstruise vind ʼn mens die heerlikste vars vis, murgsagte lamsboud en hartlike Weskus-gasvryheid. En indien jy wonder, die naam Knor Varkie verwys na kabeljou.

[LANDBOUTOERISME]
Glorie en grasie op ʼn plasie
Die Skotsman wat toentertyd die plaas gevestig het, sal vandag baie trots wees op die elegante Fordoun Hotel en Spa wat gaste uit alle oorde se sinne op verskeie maniere streel.

[WAARDEKETTING]
Daar’s goud in granaatstroop
Die Schoombees is in murg en been Karoomense. Net soos hul voorsate, laat hulle hulself nie maklik onderkry nie en is hulle nie bang om iets nuuts te probeer nie. Ondernemingsgees is ʼn familietrek.

12 Comments

  1. 358876 204480I dont normally comment but I gotta state thanks for the post on this fantastic 1 : D. 164261

  2. Thank you for your sharing. I am worried that I lack creative ideas. It is your article that makes me full of hope. Thank you. But, I have a question, can you help me?

  3. Your point of view caught my eye and was very interesting. Thanks. I have a question for you.

  4. 430258 527081I cant say that I completely agree, but then once again Ive never really thought of it quite like that before. Thanks for giving me something to consider when Im supposed to have an empty mind although trying to fall asleep tonight lol.. 527092

  5. 392722 797661 There are some interesting points in time in this post but I dont know if I see all of them center to heart. There is some validity but I will take hold opinion until I look into it further. Good post , thanks and we want more! Added to FeedBurner as effectively 44085

  6. binance kods says:

    Can you be more specific about the content of your article? After reading it, I still have some doubts. Hope you can help me.

  7. 81791 386286Vi ringrazio, considero che quello che ho letto sia ottimo 187759

  8. 354776 286234great post, extremely informative. I wonder why the other experts of this sector do not notice this. You should continue your writing. Im confident, youve an excellent readers base already! 880504

  9. 798353 816742Really intriguing subject , thanks for putting up. 771190

  10. Lyk te heerlik om te lees… kan nie wag nie!!

  11. Petro Botha says:

    Dit gaan lekker kuierlees wees dit maak my opgewonde.

  12. Trudie Schoombee says:

    Manne, was dit nou lekker om ons naamgenote op die voorblad van hierdie nuwe tydskrif raak te lees. Voorspoed en seënwense vir n voorspoedige jaar!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *