farmers, Through the lens
Leave a comment

Portret van ‘n Boer

JOTTA PLAATJIES | Laasterivier, Koo, Wes-Kaap
Woorde: Danie Keet | Foto: Michel Dei-Cont


Jotta is ‘n boorling van die Koo en het groot geword op ‘n plaas, net sowat 2 km van Laasterivier af, waar sy ouers plaaswerkers was en nog steeds woon. 

“Ek het ‘n groot liefde vir die streek en die boerdery ondanks die feit dat ek vir 13 jaar as paramedikus op Worcester gewerk het. Die droom om te kom boer, was maar altyd in my agterkop. Ek het landbou gestudeer, maar in daardie tyd was dit polities maar moeilik en het ek ‘n ander loopbaan gekies, maar het deurgaans bly hoop dat die lewenspad my weer terug na die plaas sou neem. In 2015 het die kans gekom en het ek weer na hierdie plaas kom kyk. 

Ek het met die eienaar gaan gesels en ons het ‘n aanvanklike vennootskap van 51/49% gestig wat ons vir drie jaar nagevolg het. Toe het ek met ‘n aanbod na hom gegaan om die plaas te koop van geld wat ek gespaar het, geld van my vrou en die besighede wat ek op Worcester bedryf het. Ek was nog altyd ‘n husler en het oral geldjies gemaak,” vertel hy.

Ná 3 jaar het Jotta die plaas uitgekoop en hy is nou die alleeneienaar wat op 54 ha met ‘n verskeidenheid vrugte en kontantgewasse boer. 

Die kontantgewasse lewer ‘n goeie opbrengs en sorg ook dat ek kapitaal in die hand het. Ek ploeg dit dan weer terug in die ontwikkeling van die plaas. Gelukkig het Shirley ook ‘n goeie inkomste – sy is ‘n verpleegster op De Doorns – en so kan ons die pot aan die kook hou,” knipoog hy.

Jotta vertel dat sy winkels op De Doorns, GG Spaza 1, 2 en 3 almal winkels is wat hy nou verhuur terwyl hy sy boerdery uitbou. Hy het reeds 12 permanente werkers wat vir hom werk en sy skoonsuster is ‘n aandeelhouer in die oesopbrengs. In die hoogseisoen kry hy nog werkers van omliggende plase af om met die oes te kom help.

Filed under: farmers, Through the lens

by

Danie is an award-winning journalist with three decades of news writing under his belt. He has a special love for local news, having served as the editor of a community newspaper for seven years. He is has also written for most of the daily newspapers and a variety of online news platforms. People and what make them tick intrigues him, but he is also fond of wine, travel, environmental, investigative and a host of other stories. “Being in the outdoors, with people who has a love for nature in their souls, and to put those feelings and experiences into words, is the ultimate challenge to me as journalist.”

Leave a Reply

Your email address will not be published.