DANIEL NAUDÉ | Yonder Hill, Stellenbosch
Woorde: Maryke Roberts | Foto: Michel Dei-Cont
Voor Daniel begin boer het, het hy naam gemaak as fotograaf met vier fotoboeke agter sy naam. Sy eerste projek, Animal Farm, handel oor die Africanis-honde wat oral in informele nedersettings voorkom. In 2007 pak hy ’n fotografiese pelgrimstog aan om beeste af te neem en dit het uiteindelik ook ’n boek geword: Sightings of the Sacred. Hy het saam met ’n tolk deur Uganda, Madagaskar en Indië gereis en in elke land foto’s van een beesras afgeneem. In Uganda kruis sy pad toe met die langhoring-Ankole-bees.

En dis ook hier wat sy liefde vir hulle begin het.
Nadat sy boek verskyn, hou hy ’n uitstalling van sy foto’s. Hy kry ’n e-pos van ene ‘Cyril’ wat navraag doen oor die Ankole se foto’s. Daniel besef aanvanklik nie dis Cyril Ramaphosa, toe nog vise-president, nie. Dié het ’n indrukwekkende Ankole-kudde op sy plaas. Daniel het saam met hom ’n boek, Cattle of the Ages, die lig laat sien. Cyril skryf, Daniel se foto’s word gebruik. Van dié foto’s is opgeveil om fondse vir ’n skooltjie in Mpumalanga in te samel en R215 000 is so geskenk.


Besoek Yonder Hill om Daniel se Ankole’s van naby te beskou en maak gerus ‘n draai by die opstal vir ‘n kaasbord, pizza of wynproe: Bespreek: wines@yonderhill.co.za, 021 855 1008 | Vrydae: 09:00 – 16:00, Saterdae: 10:00 – 14:00 | www.yonderhill.co.za
Wow,nice grazing camp!
From a neighbour.