News
Leave a comment

Tyd om te plant raak min – Vrystaatse boere wroeg oor swaar reën

Boere in die Vrystaat is bekommerd dat optimale planttyd besig is om te verstryk.

Boere in die Vrystaat, veral die Oos-Vrystaat, hoop op ‘n paar weke sonskyn want landerye is sopnat en op sommige dele is boere op hul plase vasgekeer as gevolg van die afgelope weke se reën. Boere in die Bethlehem area het reeds meer as 200 mm vir Nov ontvang. Plaaslike boer Hugo van Doornick vertel boere het nog bitter min geplant en dit wat reed geplant is, versuip.

Foto: Facebook: Moolmanshoek Private Game Reserve

Rudi Janse van Vuuren van Allanridge, sê boere in sy omgewing het vir November reeds 201mm reën gekry. Ryp is ’n groot bekommernis vir soja aanplantings vroeg in April indien boere later as November plant In Marquard en Rouxville het boere ook reeds tussen 100 en 160 mm ontvang.

Hulle kan nie plant of lusern sny nie. Dit lyk of bedrywighede nou Ooswaarts skuif. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n geel vlak 2-waarskuwing vir hewige donderstorms, met swaar reënbuie, weerlig en sterk wind oor die westelike dele van KwaZulu-Natal uitgereik.

Foto: Instagram @Vrystaatlandbou

Kliek hier vir die kaart: https://www.weathersa.co.za/home/warnings

Neem kennis van alle Impak-weerwaarskuwings wat uitgereik is deur die SA weerdiens deur te kliek op die skakel: https://www.facebook.com/groups/reenvalsa/announcements, asook

AFRICA WEATHER

Leave a Reply

Your email address will not be published.