TLU SA verwelkom die nuus van nuwe maatreëls om die diefstal van kabels, heinings, ysterpale, ens. aan te spreek en die verkoop daarvan as skrootmateriaal hok te slaan.

“Dit is goed om te weet daar is geluister na al die insae wat gegee is. Dié kwessie is een wat landbou regstreeks raak met die steel van elektriese kabels – beide koper en aluminium – draad, ysterpale, sparre (droppers), boorgatpompe en ander infrastruktuur, wat ’n negatiewe effek op voedselsekerheid het. Dit is natuurlik ’n stap wat ons verwelkom en een wat beslis impak gaan hê…as dit toegepas word,” sê mnr. Henry Geldenhuys, TLU SA President.
Die regering het die week besonderhede bekend gemaak van geteikende maatreëls om die diefstal van openbare infrastruktuur vir herverkoop as skrootmetaal aan te spreek wat jaarliks meer as R47 miljard skade aan die ekonomie aanrig. Die maatreëls behels die verbod op die uitvoer van afvalkoper en ysterhoudende metaal vir ’n tydperk van ses maande, wat gevolg sal word deur ’n stelsel om handel in sulke metale te reguleer.
In toekomstige fases sal nuwe maatreëls ingestel word, insluitend die verbod op die gebruik van kontant in koper- en skrootmetaaltransaksies, na aanleiding van wetswysigings; en die beperking van uitvoere tot ’n bepaalde aantal uitgangspoorte.
Hierdie maatreëls is op 16 November 2022 deur die Kabinet oorweeg en goedgekeur, as deel van ’n omvattende pakket maatreëls om die skade wat deur metaaldiefstal aan openbare infrastruktuur, die ekonomie en gemeenskappe veroorsaak word, aan te spreek.
“Vir ons as boere en ’n organisasie wat landbou verteenwoordig, is die belangrikste dat die wetgewing toegepas word. Dit gaan die ware toets wees soos met alles. Dié is egter ’n goeie begin en ons sal vordering en implementering fyn dophou.”


184792 320920Yay google is my world beater aided me to locate this outstanding internet site ! . 953662
167945 180I love reading through and I believe this site got some genuinely utilitarian stuff on it! . 570287
396442 592299I undoubtedly did not realize that. Learnt something new today! Thanks for that. 334465
256362 241448Very nice style and style and amazing topic matter, quite little else we want : D. 258229
502553 970027We are a group of volunteers and opening a new system in our community. Your internet internet site given us with valuable info to function on. Youve done an impressive job and our entire community will probably be grateful to you. 280271
765962 725332This can indicate that a watch has spent some or all of its life in the tropics and was not serviced as regularly as it should have been. 898330
Your point of view caught my eye and was very interesting. Thanks. I have a question for you.