farmers
comments 10

Suid-Afrikaanse plaaswerkers word opgeraap in die VSA

Deur René Lötter

Suid-Afrikaners is gesog op plase in die VSA. Hoofsaaklik omdat hulle beskou word as harde werkers. Suid-Afrikaanse werkers is ook Engels magtig wat ‘n groot voordeel bo ander seisoenale werkers, vir wie kommunikasie met werkgewers en medewerkers ‘n uitdaging is. Dit is ‘n goeie geleentheid vir persone wat nie ‘n diploma of graad as kwalifikasie het nie en dus nie sou kwalifiseer vir ander visumprogramme gemik op gegradueerdes nie. 

Visums word gekoppel aan ‘n werkspermit en dit kan wissel van ses tot nege maande met enkele uitsonderings wat langer bly.  Werkers op die H-2A program (tydelike landbouwerkers-visum) bring natuurlik ook ‘n inspuiting van miljarde in buitelandse valuta na Suid-Afrika. CV Placements is een van verskeie werwingsagentskappe wat Suid-Afrikaanse werkers help werk vind in die VSA.

Marieta Visagie, medestigter van CV Placements, het in ‘n onderhoud met Grond tot Mond uitgebrei oor die kwalifikasies wat benodig word.

Verskillende agentskappe het verskillende kriteria – en ons sou aanvaar dit hang af van die werkgewers aan wie werkers aangebied word. Die werkgewers vir wie ons werkers aanbeveel, is meestal saaiboere. Hulle vereis werkers met relevante saaiboerdery ervaring en praktiese vaardighede en het gewoond geraak aan vaardige SA-werkers wat goeie waarde toevoeg en bereid is om lang ure te werk. Die tipe werk sluit gewoonlik grondvoorbereiding, plant, saai, spuit, en oes in. Meganiese vaardighede tel ook in werkers se guns.

Daar is nie minimum kwalifikasies as sulks nie. Ons aansoekproses sluit die nagaan van verwysings by vorige werkgewers in. Tydens so ‘n onderhoud kry ons gewoonlik ‘n goeie prentjie van die aansoeker se vaardighede, kennis en houding jeens plaaswerk.

In watter sektor is SA-werkers die meeste gesog?

Ons fokus meestal op saaiboerdery. Hier en daar is daar ook ander poste, bv. vir werktuigkundiges en diegene wat vaardig met besproeiing is.

Gemiddelde inkomste per maand of seisoen? 

Werkers word ‘n minimum loon betaal volgens die staat waarin hulle aangestel word. Meer daaroor is hier: https://www.dol.gov/agencies/eta/foreign-labor/wages/adverse-effect-wage-rates

SA-werkers wil graag langer tye werk en is bereid om veel langer as bv die Amerikaanse werkers te werk, want hulle word per uur betaal. Hoe meer ure, hoe meer is jou inkomste. 

Werkers deel nie graag inligting oor hulle verdienste nie. Ons hoor enigiets tussen R50 000 en R90 000 per maand. Dit moet egter in konteks gesien word, want die reël van “no work, no pay” geld ook. As dit sneeu/reën en daar kan nie grond bewerk of geplant word nie, verdien die werker geen geld nie. Ons werkers word vir ongeveer nege tot tien maande van die jaar aangestel en moet dus ook voorsiening maak vir die drie maande wat hulle tuis is en nie noodwendig ‘n inkomste verdien nie.

Die syfers

Die syfers wat die VSA-konsulaat verlede jaar met ons gedeel het, wys dat daar ongeveer 13 000 SA-werkers op die H-2A-program in die VSA was in 2022. Daar is natuurlik nog meer – want daar is ander soorte visums ook. Die syfers dui aan dat die H-2A-program met ongeveer 20 persent per jaar groei.

Baie min werkers word afgekeur. Soms is hulle nie oortuig van ‘n aansoeker se landbouondervinding nie of die persoon het ‘n kriminele rekord. 

Visagie wys daarop dat voornemende aansoekers moet onthou dis klipharde werk,  jy is ver van die huis en ver van geliefdes, die druk op verhoudings is groot.  Werkers moet bereid wees om die “vuil” werk te doen, daar is niemand anders wat dit vir jou sal doen nie.

Grond tot Mond gesels met Pieter le Roux

Pieter het in die Hendrina omgewing in Mpumalanga grootgeword. Hy werk tans op ‘n saaiplaas in die suidooste van Missouri. 

“Na baie jare se probeer het ek in 2018 die geleentheid gekry as gevolg van my ondervinding op ons familie saaiplaas. Ek het ‘n pos gekry in die verre noorde van die VSA. Ek was toe weer oor in 2019 en het by die dood omgedraai weens ‘n motorongeluk (wat my 10 jaar ouer gemaak het).

fbt

“Ek werk van 2021 af waar ek tans in Missouri is. Die meeste van die poste is saaiboerdery en ondervinding in saaiboerdery is baie belangrik. Ek is betrokke by voorbereiding, plant, spuit, skoffel, oes, waterlei, stroping en nou en dan graan aanry. Basiese alles aspekte. 

“Ons is baie gelukkig hier.  Ons is tans vier Suid-Afrikaners by die boerdery waar ek werk. ‘n Mens werk hard. Jy doen baie keer goed wat nie lekker is nie. Vee met ‘n besem, werk met ghries heeldag. Jy moet sterk wees om hier te werk. Dis harde werk soos enige boerdery. Dis ook moeilik om ver van jou mense te wees. Dis egter baie veilig hier.

“Ons moet self vir ons kos sorg. Ons word aandete verskaf tydens oestyd wanneer ons gereeld laatnag oes. Jy moet jou huishouding onderhou – van skoonmaakmiddels tot kos. Verblyf, krag, wasmasjiene en tuimeldroërs word volgens wet verskaf. 

Die gemiddelde beloning?

“Dis baie moeilik om te skat want dit wissel van staat tot staat en van plaas tot plaas binne dieselfde staat. Dit hang af van die grootte van die grond, hoeveel mense daar werk, watter gewasse geplant word. Die ding is: die geld is goed, maar aan die negatiewe kant: Jy is ver van jou land. Ek persoonlik sal my linkernier gee om dit wat ek hier doen in Suid-Afrika te doen vir ‘n goeie salaris. Ongelukkig is dit so dat groot saaiboere in SA nie ‘n goeie salaris betaal nie.

“Iemand wat regtig ‘n passie het vir boerdery is baie gesog hier. In Suid-Afrika word jy oorgesien. Ek het ‘n meisie in Suid-Afrika; ons is nog nie getroud nie. Jy mis soveel dinge. Jy sien hoe mense se kinders grootword, ouers oud word terwyl jy aan die ander kant van die wêreld werk. Baie mense wat hierheen kom, kom weer vir baie jare en maak finansies bymekaar om vir hulself ‘n toekoms in SA te bou.

“Ek is ‘n kind van Afrika. Daai rooi grond van Afrika loop in my are. Dis alles goed en wel… dis veilig hier, hier’s krag, maar dis nie Afrika nie.

“Iets wat na aan my hart is; waarby ek betrokke is, is die H-2A Lifeline organisasie. Ons help Suid-Afrikaners wat emosioneel in die moeilikheid is in Amerika op die H-2A program, asook mense wat andersins werksgewys in die moeilikheid is terwyl hulle hier is.”

10 Comments

  1. Pingback: bangkok tattoo
  2. Pingback: Homepage
  3. Wiaan says:

    Ek is 32 jaar oud ek sal graag in die VSA wil gaan werk om vir my geliefdes n better lewe te kan gee. Ek het nie baie ervaaring in borders nie maar sal graag wil leer as iemand my asseblief kan help.

  4. Thys says:

    Hi
    Ek wil baie graag in Amerika werk en wil n beter lewe he vir my famielie
    Ek wil net die dokumente he hoe om te gaan om deur jul te gaan vir werk kry in Amerika
    Dankie

  5. Corné says:

    Middag ek is n sewe en dertigjareige man, ek het nie op die staduim werk nie.
    Ek het geen plaas ondervinding nie en sal haie graag wil leer en n toekoms bou bir my en my dogter.
    Sal baie graag wil begin op n H2A program.

  6. Schalk Venter says:

    Ek is ‘n spesialis draaier en meganiese beplanner. Sou daar dalk ‘n oop pos wees vir my?

    Ek het myn ondervinding en kan alle staalwerk doen.

  7. Madelein says:

    Dit is fantasties dat jy mense help, dankie vir jou. Hoe gaan ek te werk om my seun se CV by jou te kry. En hy gaan die jaar na Australia om daar te werk op n plaas. Ek sal graag wil hê dat jy hom kan help dat hy nog ondervinding op ander plase ook op doen. Hy is 23 jaar oud en Engrls is sy eerste taal.. het julle verwsings nodig wat hom mag help. Of hoe gaan ek ye werk. Dankie

  8. Ruben says:

    I look for a position please in the field

Leave a Reply

Your email address will not be published.