Author: René Lötter

Hoe vererf die plaas? Beste tyd vir ‘n boer om ‘n plan te maak is nou

Boedelbeplanning van boere is tipies meer kompleks veral as gevolg van die feit dat die plaas bedoel is om oor generasies “ in die familie te bly”. Die boer kan nie die paas self aanwend of te gelde maak om kapitaal te voorsien vir aftrede of versorging van sy vrou na dood nie en ’n gelyke verdeling van die boedel tussen kinders is meestal onmoontlik.

Ek wil graag boer maar hoe begin ek?

Daardie vraag verskyn toenemend op boerdery-verwante groepe op Facebook: “Ek het ‘n paar hektaar bewerkbare grond in die Overberg. Waarmee kan ek winsgewend boer?” Baie mense wat voorheen naweekboere was of genoeg spasie in die stad het, wil deesdae hul eie produkte kweek of selfs wins daaruit maak.