Die mark vir CBD-produkte in voedsel en medisyne groei skerp plaaslik en internasionaal. Die Instituut vir vir Biomediese Navorsing is ‘n biotegnologie maatskappy wat gefokus is op alternatiewe plant-gebaseerde cannabinoïden, mediese psilocybin, en geestesgesondheid-navorsing.

Oor die afgelope 18 maande het die maatskappy saam met sy filiaal M2Bio Sciences aansienlike vordering gemaak om uitsonderlike gesondheidsprodukte te ontwikkel.
Sy nuutgestigte private filiaal, Neur.ai, ontwikkel ‘n portefeulje van reseptoragoniste gebaseer op neurotransformasie medisyne (ook bekend as psigedeliese medisyne) vir die behandeling van geestesongesteldheid.
Grond Tot Mond het met Michael Sachar, die hoof van die voedsel-afdeling, gesels oor die ontwikkelinge.
Sachar vertel dat CBD oor die afgelope jaar eksponensieel in die Suid-Afrikaanse mark gegroei het.
“CBD help met angs, help met stres en help ‘n mens beter slaap”.
Hy glo dat een positiewe aspek wat uit die Covid-pandemie gekom het, is dat mense die belangrikheid van hul eie gesondheid besef het.
“Ek het altyd gehou van die aanhaling: ‘Take time to focus on your wellness, or you will take time to focus on your illness’”.

Bedrywighede is tans in Kaapstad gesetel. Die maatskappy se drie handelsmerke vir cannabisverbruikersgoedere sluit in: Medspresso koffie en tee, skoonheidsmiddels (Dr. AnnaRx) en Liviania olyfolie. Dit sluit in CBD- en sampioen-geïnfuseerde verbruikersgoedere, insluitend bioseutiese produkte, gesondheid en welstand, voedsel en drankies. By M2Bio Sciences word farmaseutiese graad CBD by die Liviana-olyfolies en -heuning gevoeg en ook in die Medspresso-koffie en -tee. Dit stel verbruikers in staat om CBD deel van hul daaglikse lewe te maak.
Om homself binne die top marksegment te posisioneer, moes M2Bio fokus op die vervaardiging en verkryging van die hoogste gehalte bestanddele wat in die mark beskikbaar is, van farmaseutiese-graad CBD-ekstrak tot premium koffies en ekstra suiwer olyfolies.
“Die CBD-markgrootte in Suid-Afrika is tans relatief klein. Die landskap is so dat dit baie moeilik is om ‘n werklike getal op die markgrootte te plaas, aangesien die wetlike raamwerk nog ontwikkel word.
Sachar het by die onlangse Plant Powered Show in Kaapstad vertel dat die onlangse toename in die vraag na die produkte goed was. “Ons Liviana- en Medspresso-produkte is in baie SPAR-winkels in die Wes-Kaap, wat vir ons wys dat die mark vir gesonde CBD-geïnfuseerde voedsel en drank groei.”

“Ons het die belang besef om verbruikers op te voed oor die verskil tussen CBD en THC. THC is die psigo-aktiewe komponent van die cannabisplant, terwyl CBD geen psigo-aktiewe eienskappe bevat nie.
“Oorsee het ons groot groei in CBD gesien. Daar was uitstekende produkontwikkeling, en ‘n sterk aanvaarding van CBD as ‘n daaglikse verbruiksmiddel.”
Onlangs het M2Bio Sciences ‘n nuwe 4-jaar-ooreenkoms met die Universiteit van Pretoria onderteken, vir voortgesette vennootskap. Dit sal navorsing oor plantmedisyne en die toepassing van kunsmatige intelligensie en masjienleer vir farmaseutiese en forensiese wetenskap behels.
Die UP sentrum, gelei deur prof Vinesh Maharaj, Adjunkdekaan vir Navorsing en Nagraadse Onderwys en ‘n bekende bio-prospekteerder, sal die navorsing doen.
Die Maatskappy word verhandel op die Oor-die-toonbank Bulletin Board van NASDAQ onder die handelssimbool “MRES”.
Koffie en tee:
Die nuwe CBD-geïnfuseerde Nespresso®-versoenbare kapsulereeks sluit in:
Tanzaniese Peaberry Espresso
Ethiopiese en Keniaanse versnit-espresso
Rooibostee Espresso
Rooibostee Vanielje Gegeurde Espresso
20 Comments