Inskrywings is nou oop vir die grootste, oudste en mees gesogte suiwelgebeurtenis in die land, die 2024 Suid-Afrikaanse Suiwelkampioenskappe, wat vanjaar vir die 191ste keer plaasvind.

Die kampioenskappe, wat sedert 1834 deur Agri-Expo aangebied word, lok jaarliks sowat 900 inskrywings van groot, medium en klein suiwelvervaardigers. Hierdie produkte ding mee om die gesogte titels van SA Kampioen, die Qualité-merk van Uitnemendheid en die uiteindelike Produk van die Jaar, wat aangewys word tydens die prestigeryke SA Suiweltoekennings.

Die SA Suiwelkampioenskappe bestaan uit meer as 100 klasse vir kaas, jogurt, melk, room, roomys, botter en ander suiwelprodukte. Elke klas het ‘n wenproduk wat met die titel van SA Kampioen bekroon word. Die Qualité-merk van Uitnemendheid, wat deur die SA suiwelbedryf as sy enigste merk van uitnemendheid erken word, word slegs toegeken aan uitgesoekte produkte van uitsonderlike gehalte wat ‘n spesifieke minimum punt op die internasionale telkaart behaal het. Die produk wat die hoogste punt behaal, word as Produk van die Jaar gekroon.

Volgens Breyton Milford, Hoofbestuurder van Agri-Expo, is die doel van die SA Suiwelkampioenskappe om uitnemendheid in die suiwelbedryf te erken en te bevorder. “Hierdie kampioenskappe het die maatstaf geword vir vervaardigers om hulself teen mekaar te meet,” sê Milford. “Ons is bevoorreg om die suiwelbedryf deur middel van hierdie platform te dien, wat moontlik gemaak geword in samewerking met die platinumvennote IMCD en DSM, asook ander vennote.”

BELANGRIKE DATUMS
• Inskrywings open op Maandag 15 Januarie 2024 op die webwerf https://cheesesa.co.za/.
• Die sluitingsdatum vir inskrywings is Maandag 5 Februarie 2024.
• Die beoordeling vind op Donderdag 7 en Vrydag 8 Maart 2024 by Eensgezind buite Durbanville plaas.
• Die SA Suiweltoekennings word op Donderdag 25 April 2024, ook by Eensgezind, aangebied.
Vir meer inligting, besoek https://cheesesa.co.za/, skakel 021-863-1599 / 083-440-1628, of stuur ‘n e-pos aan dairy@agriexpo.co.za.

640491 633263Yours is a prime example of informative writing. I feel my students could learn a whole lot from your writing style and your content material. I might share this article with them. 363727
133834 961484But wanna comment on few general items, The site style is perfect, the content material material is genuinely great : D. 29378
312933 523139Hi! I discovered your website accidentally today, but am actually pleased that we did! Its not only entertaining, but in addition straightforward to make use of in contrast to lots that Ive viewed! 671061
22320 603597I discovered your weblog internet site on google and examine quite a few of your early posts. Continue to maintain up the superb operate. I basically extra up your RSS feed to my MSN News Reader. In search of forward to reading more from you later on! 439715