Foto’s: Mia Truter
Op die Vaalbos Trust-perseel, waarvan Hennie en Gertjie de Beer die eienaars is, is sitrus die hoofgewas, met 220 ha lemoene en suurlemoene. Daar is ook 40 ha tafeldruiwe, 130 ha katoen wat met koring gewissel word, en 30 ha vir pampoene en ander kontantgewasse.
Dit is ’n indrukwekkende landboubesigheid. Die boerdery sluit twee pakhuise met verkoelingsfasiliteite in, wat die druiwe en sitrus hanteer.
Hennie se pa het vroeër in die omgewing geboer, maar Hennie het eers in 1994 begin boer.
Hennie was nog altyd lief daarvoor om in die boorde te wees, maar sommige take is onvermydelik. Op die lessenaar voor hom lê ’n dik lêer.
’n Konsultant help ons om struktuur aan die besigheid te gee. Ons is besig met ’n missie en visie, en hierdie…” Hennie wys na ’n stuk papier met die spinnerakagtige organogram daarop geteken.
Die onderneming fokus hoofsaaklik op uitvoere.
“’n Derde van ons produksie gaan na die Johannesburgse mark.”
In hierdie tipe markte is bemarking belangrik, en daarom plaas Vaalbos Trust hul handelsmerk op verpakking waar hulle ook al kan.
“Dis duur, maar jy is trots op wat jy produseer,” sê hy. Die druiwe kry ook ’n plakker.
“Jy sal nie glo hoeveel bemoedigende boodskappe ons gekry het toe ons begin het nie.”
Uitdagings is daar natuurlik. Hy verwys na die verskillende nasionaliteite en gelowe wat hier verteenwoordig word, en hoe klein onderonsies vinnig ’n werkplek tot stilstand kan bring. Daar is ook geweldig baie administrasie betrokke wanneer mense van ander lande by jou kom werk.
Hennie deel met ons die beste raad wat hy al ooit gekry het.
“Toe ’n koop deurgeval het, het sy oom gesê: ‘Wees geduldig. Grond het nie voete nie. Wag net ’n rukkie, dit sal wel weer beskikbaar kom.’”