Vaalbos Trust-Boerdery | Marble Hall
Op die Vaalbos Trust-perseel, waarvan Hennie en Gertjie de Beer die eienaars is, is sitrus die hoofgewas, met 220 ha lemoene en suurlemoene. Daar is ook 40 ha tafeldruiwe, 130 ha katoen wat met koring gewissel word, en 30 ha vir pampoene en ander kontantgewasse.