’n Nuwe boek getiteld The Uncomfortable Truth About South Africa’s Agriculture deur Wandile Sihlobo en Johann Kirsten bied ’n eerlike, soms ontstellende blik op die werklikhede van die landbousektor in Suid-Afrika. Die boek, wat in Maart 2025 verskyn het, is beskikbaar in druk sowel as ‘n digitale boek, en het reeds gesprekke ontketen oor die dringendheid van beleidsveranderinge en sterker samewerking in die sektor.

Hoewel landbou tans breë erkenning geniet as ’n belangrike drywer van ekonomiese groei, werkverskaffing en armoedeverligting, wys die outeurs daarop dat daar steeds kritiese struikelblokke bestaan. Die boek delf in kwessies soos gebrekkige beleidstoepassing, onvoldoende finansiering, landhervorming wat nie vlot verloop nie, en die gebrek aan samewerking tussen belanghebbendes.
Wat die boek uniek maak
Die boek bespreek kwessies soos gebrekkige beleidstoepassing, onvoldoende finansiering, landhervorming wat nie vlot verloop nie, en die gebrek aan samewerking tussen belanghebbendes. Elke hoofstuk fokus op ’n spesifieke aspek van die sector, van regering se rol, finansiering en biosekuriteit tot plaaslike regering en landbou-ondersteuningsdienste. In die hoofstuk “Thirty Years of Making Plans” word gefokus op die herhalende beplanning sonder daadwerklike uitvoering, ’n tema wat regdeur die boek herhaal word.

Sihlobo en Kirsten bring dekades se ervaring en navorsing saam in hierdie werk, met die doel om besluitnemers, rolspelers in die landboubedryf en breër publiek tot nadenke én aksie aan te spoor.
’n Huldeblyk aan nuwe-era boere
Die boek is opgedra aan Suid-Afrika se nuwe generasie boere – dié wat hoop bring vir ’n meer inklusiewe, volhoubare en vooruitstrewende landbou-ekonomie.
Titel: The Uncomfortable Truth About South Africa’s Agriculture
Outeurs: Wandile Sihlobo & Johann Kirsten
Prys: R290
Uitgewer: Tracey McDonald Publishers
ISBN: 978-1-0672288-9-7